Eerste voedselbank open eersdaags
Eerste voedselbank open eersdaags

Eerste voedselbank open eersdaags

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die eerste voedselbank om hongersnood in stedelike en semi-stedelike gebiede in Namibië te voorkom, sal teen die einde van die maand in die Khomasstreek bekend gestel word. Hoofsaaklik droë voedselsoorte sal verskaf word aan begunstigdes wat vir hulp kwalifiseer.
Só het die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, Donderdag op vrae van mnr. Vipuakuje ­Muharukua van die DTA geantwoord. Volgens Kameeta is die voedselbank aanvullend tot ander voedselvoorsieningsinisiatiewe van die regering soos dié van die ministeries van landbou, water en bosbou en basiese onderwys asook die kantoor van die eerste minister.
Kameeta het beklemtoon dat weerlose mense in die samelewing nie net deur middel van voedselhulp bystand kry nie, maar ook by wyse van ander toelae soos maat­skaplike pensioene vir bejaardes en toelae vir gestremdes en weerlose kinders baatvind.
Altesaam 202 718 kinders trek voordeel uit die maandelikse toelaag van N$350 per kind vir wees- en weerlose kinders. Hierbenewens is 700 kinders vanjaar in sogenaamde residensiële kinder­sorggeriewe geplaas. Die meeste van hulle is kinders uit enkel­moeder-huishoudings.
Kameeta sê die ministerie is bewus van die fragmentasie van maat­skaplike toelae en is besig om ondersoek in te stel na die moontlike konsolidering hiervan ingevolge die ­Harambee-plan vir voorspoed.
Die ministerie betaal toelae aan mense met gestremdhede ten bedrae van N$1 100 per maand. Dit sal in die mediumtermyn-­bestedingsraamwerk jaarliks met N$100 verhoog. Vanjaar is altesaam N$2 701 530 000 vir maatskaplike pensioene en toelae aan gestremdes­ begroot.
Altesaam 159 315 mense ontvang maatskaplike pensioene en 35 217 ontvang toelae vir gestremdes, het Kameeta gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!