Eerste versamelpunt vir herwinbare afval
Eerste versamelpunt vir herwinbare afval

Eerste versamelpunt vir herwinbare afval

Tanja Bause
Die eerste versamelpunt vir verskeie herwinbare materiale in Windhoek is onlangs deur Recycle Namibia Forum (RNF) geskep.

Windhoekers kan herwinbare materiaal in die houer gooi wat by Dagbreek-skool beskikbaar is.

Dié skool is die laaste vyf jaar as wenner van die jaarlikse Namibië Herwinningsforum (RNF)-skoleherwinningskompetisie aangewys en was daarom die ideale plek om die houer te huisves.

Volgens me. Anita Witt, RNF-koördineerder, is dit duidelik Windhoekers is gewillig om die regte ding te doen wat herwinning betref, en sal dié eenstop-oplossing daarvoor deur Ludwigsdorf, Klein Windhoek en Avis se inwoners verwelkom word.

“Afgesien van die gewone herwinbare materiale soos glas, papier, plastiek en blikkies kan mense nou ook elektroniese afval en huishoudelike batterye hier kom afgee. Gedurende die jaar sal ons die versamelpunt uitbrei sodat gebruikte fluoresserende gloeilampe ook daar afgegee kan word,” het sy gesê.

Die houer vir elektroniese afval is deur Scrap Salvage Namibia geskenk en die geld wat deur die afval verkry word, sal aan die skool geskenk word.

Die houer vir huishoudelike batterye is deur Varta Consumer Batteries Namibia geskenk.

Inwoners kan alle elektriese afval soos ketels, wasmasjiene en yskaste by die houer afgee.

Ander vennote in die projek sluit die munisipaliteit van Windhoek se soliede afvalbestuurafdeling en Rent-a-Drum in.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!