Eerste vergadering vir COP22 in Marrakesj gehou
Eerste vergadering vir COP22 in Marrakesj gehou

Eerste vergadering vir COP22 in Marrakesj gehou

Die vóór-COP22 ministersvergadering het vandeesweek in Marokko plaasgevind ter voorbereiding van die klimaatberaad in November.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Marokkaanse president van die 22ste Konferensie van Partye (COP22) van die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatverandering (UNFCCC), het Dinsdag en gister as gasheer van die vóór-COP ministersvergadering in Marrakesj opgetree.

Dit is ter voorbereiding van die COP22 klimaatberaad wat vanaf 7 tot 18 November in Marrakesj gaan plaasvind. Die amptelike opening van dié ministersvergadering is deur die Marokkaanse minister van buitelandse sake en samewerking, mnr. Salaheddine Mezouar, en die Franse minister van die omgewing en COP21-president, me. Segolene Royal, waargeneem. Dit is ook deur die uitvoerende sekretaris van UNFCCC, me. Patricia Espinosa, ministers, saakgelastigdes, ambassadeurs en verteenwoordigers van 70 lande bygewoon.

Mezouar het die internasionale gemeenskap gelukgewens met die suksesse in die stryd teen klimaatverandering, veral die lande wat die Parysverdrag reeds bekragtig het. Hy het ook beklemtoon dat dringend opgetree moet word met die wêreld wat meer en meer gevalle van ekstreme weersomstandighede ondervind.

“My gedagtes is by Haïti wat deur Orkaan Matthew getref is,” het Mezouar gesê.

Die ministersvergadering wat deur 'n Namibiese afgevaardiging bygewoon is, is daarop gerig om die voorbereiding vir die COP22-agenda te finaliseer vir die reël van die eerste vergadering van die partye vir die vroeë bekragtiging van die Parysverdrag op 4 November. Die agenda sluit ook besprekings oor die implementering van die Parysverdrag in vir vóór en ná 2020. Dit omvat onder meer die bou van kapasiteit en finansieringspakkette, asook die opstel van 'n reëlboek van die verdrag om ver­skeie kompomente te implementeer.

Daar sal gefokus word op die deel van perspektiewe van die Globale Klimaataksie Agenda soos aangebied deur die Marokkaanse en Franse hoëvlak klimaatambassadeurs, dr. Hakima El Haite en me. Laurence Tubiana.

Tydens sy toespraak het Mezouar Marokko se visie vir COP22 bekend gestel en alle partye aangemoedig om die Parysverdrag te bekragtig. Hy het ook partye aangemoedig om hul Nasionale Bepaalde Bydraes (NDC''s) te implementeer en te versterk.

“Marokko wil 'n voorbeeld stel en daarom het ons ons doelwit om kweekhuisgasse te verminder, van 32% tot 42% teen 2030 verhoog,” het Mezouar gesê.

Royal het gesê alle elemente is gereed vir 'n suksesvolle COP22 in Marrakesj. Espinosa het die vroeë bekragtiging van die Parysverdrag verwelkom en dit as 'n geskiedkundige oomblik beskou.

“Die teenwoordigheid van koning Mohammed VI van Marokko, die VN se sekretaris-generaal en staatshoofde sal die geleentheid as 'n geskiedkundige gebeurtenis versterk.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!