Eerste toetsaanleg vir sonkragontsouting

Adolf Kaure
Adolf Kaure - Die wêreld se eerste toetsaanleg vir ontsouting wat van sonkrag gebruik maak, is Vrydag deur Namibië se stigterpresident, dr. Sam Nujoma, by die Universiteit van Namibië (Unam) se Hentiesbaai-kampus bekend gestel.

Die aanleg, ter waarde van €200 000 (N$3,234 miljoen), is in Finland gebou en vir oprigting na Namibië verskeep.

Finland se Turku-universiteit en Unam het die projek gesamentlik aangepak.

Turku-universiteit het die projek gefinansier.

Nujoma, Unam se beskermheer, het gesê die aanleg, wat water van die Atlantiese Oseaan ontsout, sal Namibië se toenemende watertoevoerprobleem help oplos.

“Ons watertoevoer neem jaar ná jaar af weens die negatiewe gevolge van klimaatsverandering, wat reeds in Suider-Afrika en oor die vasteland gevoel word.

“Namibië staan uit as een van die lande wat die swaarste deur klimaatsverandering getref sal word,” het die oudpresident gesê.

“Sowat 80% van Namibië maak staat op grondwater as hoofbron van water, maar weens klimaatsverandering kan ons land in die toekoms lang droogtes ervaar, wat grondwater en waterbronne op die oppervlak heeltemal kan laat opdroog.

“Tog is Namibië met ’n kuslyn van sowat 1 500 km langs die Atlantiese Oseaan geseën, wat ons van ’n onbeperkte waterbron voorsien. Die tyd is nou om seewater vir menslike gebruik te ontsout,” het hy gesê.

Volgens Nujoma behoort die ontsouting van seewater Namibië se voedselsekerheidskwessie aan te spreek deur ’n bron van water vir besproeiing te wees, asook ’n bron van drinkwater vir diere.

“Ek moedig die ministerie van landbou, water en bosbou aan om die konsep van woestynlandbou en die gebruik van ontsoute water te omarm om ons woestyn op groot skaal in besproeiingskemas en boerderye te omskep,” het hy gesê.

“’n Sonkrag-gebaseerde ontsoutingsaanleg soos wat ek vandag bekend stel, kan gebruik word om water vir besproeiing en aan diere in landelike gemeenskappe te voorsien, aangesien baie van ons landelike gemeenskappe verafgeleë is en van souterige of brak boorgatwater afhanklik is,” het hy gesê.

Tydens die seremonie het Unam ’n stuk grond van twee hektaar uitgewys om met ontsoute water te besproei.

Gewasse sal drupbesproeiing ontvang met water wat van die toetsaanleg af kom.

Nujoma het ’n beroep op die Namibiese regering gedoen om die implementering van ontsoutingsaanlegte op groot skaal as nasionale projek voorkeur te laat geniet.

Hy moedig die regering aan om sonkragaangedrewe ontsouting as hoofbron van grootskaalse watertoevoer in Namibië vir die medium tot lang termyn aan te neem.

Die omgewingskommissaris het reeds omgewingsklaringsertifikate vir die toetsaanlegprojek uitgereik, en die ministerie van lanbou, water en bosbou het ’n permit toegestaan om water vir navorsingsdoeleindes uit die see te pomp.

Tot 3 000 l water kan per dag deur die ontsoutingsaanleg gelewer word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!