Eerste skooldag – kiek en wen groot!

10 January 2017 | Onderwys
Saam met die skole wat môre heropen, skop Republikein en Checkers se fotokompetisie waarin stewige kontantpryse op die spel is, ook af.

Ma, pa, oupa, ouma. . . neem ‘n foto van sussie of boetie se eerste skooldag, of eerste dag terug op die skoolbanke, en skryf dit in.

Stuur die foto na [email protected] en skryf in die onderwerpveld “Wen met Checkers”. Verskaf ook die leerling se naam, ouderdom en die skool waarin hy of sy is. Dié foto’s sal elke dag tot 17 Januarie in ‘n fotogallery op Republikein se Facebook-blad verskyn.

In die eerste been van die kompetisie, sal een gelukkige Facebook-gebruikers in ‘n gelukstrekking N$500 kan losslaan.

Op Woensdag 18 Januarie publiseer Republikein die redakteurskeuse van die tien wenfoto’s in die koerant. Terselfdertyd open die SMS-lyne vir lesers om vir hul gunstelingfoto te stem. Lesers kan die SMS stuur na 51500 en daarin skryf “Checkers”, gevolg deur die nommer van die foto waarvoor gestem word.

Dié kompetisie sluit om middernag op 22 Januarie. Die leerling wie se foto die meeste SMS’se ontvang het, wen N$500 terwyl een gelukkige leser wat aan die SMS-kompetisie deelgeneem het, ook N$500 ryker sal wees.

Soortgelyk

 

'n Lewe gekenmerk deur vaste beginsels

1 dag gelede | Mense

Estelle de Bruyn - 'n Ryk en vol lewe, 'n lewe wat gekenmerk is deur vaste beginsels, iemand wat hom nooit laat voorskryf het deur...

Ya Toivo: Tyd vir groet breek aan

2 dae gelede | Mense

Roubeklaers en hoëlui het hulle plekke ingeneem by die Onafhanklikheidstadion in Olympia waar die gedenkdiens vir die vryheidstrydikoon mnr. Herman Andimba Toivo ya Toivo nou...

Lloyd Zandberg: Midas-Hofnar

2 dae gelede | Kuns en vermaak

BL3: Die Ventertjies en Heidi kom kuierBL8: Sit vonkel in jou strompel

Jooste: 'SOE's se wittebrood is verby'

2 dae gelede | Vervoer

Francoise Steynberg - Die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het dit gistermiddag duidelik gestel dat korrupsie by regeringsmaatskappye nie geduld sal word nie....

Resessie wurg Namibië

2 dae gelede | Maatskaplik

Jo-Maré Duddy - Die ekonomie wat in die eerste kwartaal vanjaar sowat N$750 miljoen armer was as in dieselfde drie maande in 2016, het Namibië...

Kalender 23 Junie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Pak vandag ’n piekniekmandjie en raak deel van die eerste WINE ON TAP by die MegaCentre in Windhoek. Daar gaan onbeperkte...

Tronkmoord: trio gevonnis

2 dae gelede | Howe

Jacqueline Louw - In ’n uitspraak wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is, het regter Dinnah Usiku vir Herman Rukero (28), Benedictus Afrikaner...

Kabinet besluit teen invoer van gevaarlike afval

2 dae gelede | Regering

Augetto Graig - Die kabinet het tydens hul onlangse vergadering besluit om die invoer van gevaarlike afval van ontwikkelde lande teen te staan.Dít deur die...

Weer vir 23 Junie

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik gedeeltelik bewolk en koud in die oggend oor die //Kharasstreek, maar later sonnig en matig. Elders sal dit sonnig en matig tot warm...