Eerste operasie vir Quintoline

Heteropagus-tweeling ondersteun

28 June 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht - ’n Babameisie van Gobabis, wat as een van ’n Siamese tweeling gebore is, het Dinsdag die eerste van twee groot rekonstruktiewe operasies in ‘n kinderhospitaal in Zürich, Switserland, ondergaan.

Quintoline de Wetta, wat ’n jaar en vyf maande oud is, is as ’n heteropagus-tweeling, algemeen bekend as ’n parasitiese tweeling, gebore.

Dit kom voor wanneer tweeling-embrio’s in die baarmoeder begin ontwikkel, maar die twee nie ten volle van mekaar skei nie. Een embrio oorheers en ontwikkel dan ten koste van die ander een. Dit is ’n baie seldsame afwyking en gebeur in minder as 1 uit 1 miljoen lewende geboortes.

Volgens me. Michaela Tietz van die Okanti Foundation was die operasie aanvanklik vir 7 Junie geskeduleer, maar moes dit uitgestel word omdat Quintoline ‘n infeksie ontwikkel het.

Ma en dogter is sedert 19 Mei in Switserland.

Zürich se kinderhospitaal doen die chirurgie gratis, terwyl Neo for Namibia – Helping Babies Survive die verblyfkostes dek en Quintolene en haar ma, Paulina de Wetta, tydens hul verblyf van drie maande in Switserland emosioneel sal bystaan.

Neo for Namibia – Helping Babies Survive is ’n niewinsgewende organisasie wat in Switserland gebaseer is en op die implementering van eenvoudige mediese ingryping fokus, wat die oorlewingskoers van pasgebore babas verhoog.

Quintolene en Paulina is vir die eerste week danksy die ondersteuning van die Okanti Foundation van ’n dokter verbonde aan Windhoek Sentrale Hospitaal se pediatriese eenheid vergesel. Die stigting dek ook alle reisuitgawes, terwyl die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se spesiale fonds ook ‘n bydrae gelewer het.

Volgens Tietz word finansiering steeds benodig vir die reiskoste van iemand wat Quintoline en haar ma met hul terugkeer na Namibië kan vergesel, asook lugtyd vir Paulina sodat sy minstens een keer ’n week met haar drie ander kinders in Namibië kan gesels.

Vir meer besonderhede en skenkings kan Tietz-von Leipzig by 081 127 8544 of [email protected] gekontak word.

Skenkings kan aan die Daniela Medical Trust, Nedbank-hooftak (461609), reknr. 11010022195 (tjekrekening) gemaak word.

Soortgelyk

 

Gróót dag by ECN

1 dag gelede | Regering

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) hou vandag 'n openbare sitting by sy hoofkantoor in Windhoek waartydens die bevestigde lys van politieke partye en presidensiële...

A force to be reckoned with

1 dag gelede | Mense

Evany van Wyk Eleven years ago Charmaine Davids decided to create a one-stop shop for all human resources (HR) services and today she is...

Energy-efficiency key to fight climate change

1 dag gelede | Mense

Ruan BestbierThe Bank of Namibia report on Namibia’s second quarter performance found that fuel imports significantly contributed to the decline in the country’s current account....

Sarah Diouf Beyoncé se Afrika-ontwerper

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Kollig voorbladfoto

Swapo swig voor ECN-druk

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Sestien uit die 17 van Swapo-lede wat volgens ’n interpretasie van die kieswet – en die Grondwet – verbied word om as...

Man gesels uit hospitaalbed oor Outjo-aanval

1 dag gelede | Misdaad

Elvira Hattingh - “Kyk, as ‘n koeël my nie kan onderkry nie, gaan niks nie. “Ek is positief, maar hartseer dat iemand so iets kon...

Smooth operator

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Zaskia Joubert has been part of the Sanlam family for more than five years. She joined the company immediately after the successful completion...

Let’s get fiscal

1 dag gelede | Mense

Michelline NawatisesAstrid Jacobi is a born and bred Namibian. She went to school in Windhoek and completed her bachelor’s and honours degrees in accounting at...

Going for it

1 dag gelede | Mense

Wisdom is a girl’s best friendEvany van Wyk In her current role as Bank Windhoek’s communication practitioner for electronic and new media, Veno Mbuende has...