Eerste ooit: Planeet gesien waar dit nog vorm
Daar is vir die eerste keer tot nog toe gesien hoe ’n nuwe planeet besig is om te vorm. Die planeet is besig om stelselmatig uit gas en stof te vorm en wentel om ’n jong, oranje dwergster genaamd PDS 70. Dit is afgeneem met die SPHERE-instrument van die Europese Suidelike Observatorium se Very Large Telescope. Die planeet is drie miljard km vanaf sy ster aan die vorm. Dit is min of meer die afstand tussen die aarde se son en Uranus. Volgens die ontleding is die nuwe planeet ’n gasreus, soos Jupiter. Die temperatuur op die oppervlak sal sowat 1 000°C wees, wat dit baie warmer maak as enige planeet in die sonnestelsel. Die planeet is die baie helder punt regs van die ster, wat op die foto swart gemaak (omdat die lig te helder is) is, sodat ’n mens die planeet, gas en stof daarom kan sien. Foto Netwerk24/ESO/A. Müller et al.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie