Eerste minister spoor hoës aan
Augetto Graig - Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het Maandag die jaarlikse byeenkoms van permanente sekretarisse van regeringsministeries by die NIPAM-saal in Windhoek toegespreek.
Sy het hulle herinner daaraan dat 2017 die jaar van hertoewyding is, en dat dienslewering van groot belang is.
Volgens Kuugongelwa-Amadhila het die eerste fase van 'n landswye burgertevredenheidsopname reeds afgeskop.
Die insameling van inligting vir dié opname sal na verwagting teen einde Augustus klaar wees en belanghebbendes behoort teen die einde van September oor uitslae te beskik, het sy gesê.
Die opname sal jaarliks plaasvind en sal onder meer die volk se tevredenheid met openbare diensverskaffing bepaal.
“Gebaseer op die uitslae sal regstellende maatreëls ingestel word om tekortkominge aan te spreek,” het sy gesê.
Intussen sal terugvoeringshouers by strategiese punte in regeringskantore, ministeries en agentskappe geplaas word. Dié houers sal maandeliks oopgemaak word om klagtes aan te spreek.
Volgens die eerste minister het 'n afname in belastinginkomste die regering genoop om uitgawes te begin konsolideer.
“Ons moet almal aktief bydra tot die konsolidasiepoging. Dit beteken egter nie dat prioriteitsuitgawes besnoei moet word nie. In plaas hiervan moet ons besparings maak deur winste doeltreffend te benut en dan dié besparing aan sleutelprioriteite oor te dra om te verseker dat ons die Harambee-welvaartplan se doelwitte bereik.
“As aanspreeklike beamptes moet julle leiding neem en pogings verdubbel om uitgawes binne ministeries te beheer,” het sy gesê.
Kuugongelwa-Amadhila het ook verwys na verskeie verslae van die ouditeur-generaal wat onder meer noem dat sommige aanspreeklike beamptes nie by sperdatums hou nie of te lank vat om hul antwoorde gedurende die ouditproses te verskaf.
Boonop word aanbevelings van die ouditeur-generaal dikwels glad nie toegepas nie, het sy gesê.
“Ek wil julle almal aanspoor om alles in jul vermoë te doen om hierdie kwessies dringend aan te spreek,” het sy gesê.
Die eerste minister het ook die permanente sekretarisse aangemoedig om regeringsprojekte beter te bestuur en kommunikasie tussen ministeries, agentskappe en regeringskantore te verbeter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie