Eerste mangaan kom op Lüderitz aan

Vrag van 520 ton

12 August 2019 | Plaaslik
Die eerste vrag mangaanerts vanuit die Noord-Kaap het Vrydag op Lüderitz aangekom.

TransNamib het die 520 ton-vrag Donderdag per trein van Ariamsvlei af na die kusdorp vervoer. Twee lokomotiewe het die 20 waens gelaai met 26 ton erts elk getrek.

Dit is die eerste vrag wat sedert 1998 op die roete tussen Aus en Lüderitz vervoer is.

TradePort Namibia het TansNamib in 2018 genader om hul mangaanerts van Suid-Afrika na die Lüderitz-hawe te vervoer van waar dit na verskeie markte oorsese uitgevoer kan word. TradePort het onderneem om 'n minimum van 30 000 ton mangaanerts per maand vir hierdie roete te voorsien.

Nadat die omgewingklaringsertifikaat uitgereik is - wat onder meer onderhewig was aan toe pakhuise op Lüderitz en Ariamsvlei - is die eerste vrag beplan.

“Met dié nasionale projek het TransNamib 150 mense gewerf as deel van ons pogings om werkloosheid in die land te beveg. Ons verwag baie nuwe sakeondernemings sal uit hierdie nuwe besigheid spruit, veral op Ariamsvlei, Keetmanshoop, Aus en Lüderitz,” lui TransNamib se verklaring.

Soortgelyk

 

Houtskoolbedryf sien enorme groei

2 dae gelede | Landbou

Elvira Hattingh op Otjiwarongo - Die Namibiese houtskoolbedryf het 'n "ontploffing in houtskoolproduksie" die afgelope jaar ervaar en 'n groei van 33% in een jaar...

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

2 dae gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

2 dae gelede | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

2 dae gelede | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

2 dae gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

2 dae gelede | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

2 dae gelede | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...