Eerste intrekkers by nuwe aftree-oord
Bouwerk aan 'n nuwe aftree-oord op Okahandja, “Abendfrieden”, is voltooi met talle inwoners wat reeds hul intrek in een van die 63 eenhede geneem het.
In ’n onderhoud wat Republikein vroeër gedoen het, het mnr. Kobus Cloete, bestuurder van Huis Sonder Sorge, gesê daar was nie meer spasie in die bestaande ouetehuis en aftree-oord op Okahandja nie en as gevolg van die groot aanvraag en belangstelling vir nog so ’n plek het die Okahandja Bejaardesorgvereniging (OBSV) besluit om nog ’n oord vir senior burgers te ontwikkel.
Dit is ook mense van regoor die land wat Okahandja as die plek kies waar hulle wil aftree.
Die voorsitter van die OBSV, mnr. Dewet Marais, het toe ook gesê hulle wil by die nuwe ontwikkeling op die goeie reputasie van Huis Sonder Sorge bou met die nuwe oord wat onder dieselfde vereniging val.
Die beplanning en konstruksie van “Abendfrieden” het ongeveer twee jaar gelede begin toe die stuk grond van 2,4 hektaar deur die vereniging gekoop is. Bouwerk het langer as verwag geneem, juis omdat elke huis volgens die inwoners se eie voorkeure gebou is.
Tog lyk die eenhede buite meestal dieselfde, maar binne het die inwoners self besluit hoe die vertrekke uitgelê moes word.
Al 63 eenhede wissel tussen enkel- en tweeslaapkamer wooneenhede. Op die perseel is daar ook ’n doktersondersoekkamer met 'n eie verpleegkundige en tuisverpleging sal sover moontlik toegepas word. Middagetes sal ook op aanvraag voorsien kan word.
Daar is ook ’n ontspanningsarea met ’n parkie, wandelpaaie en sitplekke. Altesaam is daar plek vir ongeveer 120 inwoners.
Die hoofteikenmark van die oord is inwoners wat hoofsaaklik nog selfversorgend is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie