Eerste fluitjie blaas vir Pirates en Stars
Eerste fluitjie blaas vir Pirates en Stars

Eerste fluitjie blaas vir Pirates en Stars

Ná 'n volle jaar van onaktiwiteit skop die Premierliga môre om 20:00 af.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die MTC Namibiese Premierliga vir die 2017-'18 seisoen is gister uiteindelik ná meer as 'n jaar van bespiegeling en uitstel bekend gestel, met FNB Namibia as ondersteunende borg.

MTC is terug as die hoofborg met N$15 miljoen per seisoen, terwyl FNB se insette op N$5 miljoen te staan kom. Die borgskapooreenkoms is vir drie seisoene geldig en sal elke jaar met 'n ongespesifiseerde persentasie verhoog om onder meer vir inflasie voorsiening te maak.

Elkeen van die 16 klubs sal N$65 000 per maand ontvang vir die tien maande wat die NPL aktief is. Vir die finaal is N$2.5 miljoen opsy gesit waarvan N$1 miljoen die prysgeld vir die Premierligakampioen is.

Wedstryde sal in Oshakati (tuiste van Young Chiefs), Tsumeb (Chiefs Santos), Rundu (Rundu Chiefs), Otjiwarongo (Life Fighters en Mighty Gunners), Gobabis (Young African), Walvisbaai (Blue Waters en Eleven Arrows) asook Windhoek gespeel word waar agt van die spanne (African Stars, FNB Black Africa, Citizens, Civics, FNB Orlando Pirates, Tigers, Tura Magic en Unam) gesetel is.

Mnr. Jerry Elago, bemarking- en handelsmerkbestuurder van E-Bank, sê FNB Namibië se borgskap van N$5 miljoen per jaar sal dieselfde pad as MTC volg om elke seisoen te verhoog. Honger sokkerondersteuners kan vanaf môreaand sien hoe die sestien klubs van ses sentras in die land vir die N$1 miljoen-prysgeld mekaar pak.

Hoewel daar klubs is wat brom dat hulle vanweë die geheimsinnigheid en laat bevestiging nie na wense voorbereid is nie, sal die liga se afskop vir niemand wag nie.

Mnr. Patrick Kauta, voorsitter van die NPL, het klubs gewaarsku dat hulle genoeg tyd gehad het om voor te berei en gesê enige onversorgde sokkervelde moet spoedig reggeruk word.

“Vir die klubs wat beweer hulle is nie gereed nie, wil ek net sê: die bus vertrek met of sonder julle. Wie nie saam kom nie, bly agter; so maklik soos dit. Daar is reëls en regulasies wat nagekom moet word en daar sal dissiplinêr teen dwarstrekkers opgetree word.

“Die velde wat nie in die gewenste toestand is nie, moet opgeknap word. Daar is standaarde wat gehandhaaf moet word en dit sal nagekom word.

“Ek wil MTC as hoofborg en FNB bedank vir hul ruimhartige ondersteuning wat dit moontlik maak dat ons in die 2017-'18 seisoen weer 240 wedstryde gaan sien. Ons verseker dat van elke sent aan julle as borge rekenskap gegee sal word,” het die voorsitter gesê.

Die begroting wys dat slegs N$11.4 miljoen (insluitende die N$1 miljoen prysgeld vir die ligakampioen) van die borge se geld hul weg na die spelers en klubs vind. Die res van die N$9.4 miljoen word deur die NPL-kantoor geadministreer, wat bykans N$784 000 per maand vir 12 maande beloop. Dit is bekend dat die reiskoste dwarsoor die land vir wedstryde een van die mees prominente uitgawes is.

Die hoofborg MTC se woordvoerder mnr. Tim Ekandjo het gesê dit is nie vanselfsprekend dat die maat­skappy hom terug in klubsokker sou begewe nie.

“Beskou julself (as NPL-administrateurs) as baie, baie gelukkig om ons terug as borg te hê. Moet julself nie belangriker as die spelers ag wat die spel speel en aan die gang hou nie. Sonder die spelers en klubs is daar nie sokker of 'n liga nie.

“Tree in belang van die spel en spelers op en vergeet van jou eie agendas. Ek moet die vorige NPL-komitee gelukwens met die wyse waarop hulle MTC se geld bestuur het. Nie 'n sent het 'weggeraak' nie en ek verwag van julle dieselfde. Onthou net een ding, as julle aanjaag en ons as borg in die gedrang bring, onttrek ons en sal nie weer as borg na die sport terugkeer nie,” het Ekandjo gewaarsku.

FNB Orlando Pirates en African Stars speel môreaand om agtuur die eerste wedstryd van die nuwe Premierligaseisoen by die Sam Nujoma-stadion in Katutura.

Al die ander spanne is Saterdag in wedstryde betrokke.

Die Seerowers begin die seisoen met 'n gerekende nuwe afrigter in Woody Jacobs, terwyl African Stars daarin geslaag het om Bobby Samaria aan die stuur van sake te hou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067