Eerste die goeie nuus: Welwitschias wen!
Die volgende reis is egter na Loftus Versfeld – en sonder die toetsspelers wat dié week vertrek.
Andrew Poolman - 'n Mens moet respek hê vir die onblusbare veggees van die Windhoek Draught Welwitschias wat Saterdag deurgedruk het om hul eerste oorwinning in die SuperSport uitdaagreeks te behaal.
Die oorwinning met 45-43 teen die Hino Valke het vir die Namibiërs in die noordelike groep vyf ligapunte ingebring en hoewel hulle steeds in die laaste plek is, het hulle darem minstens vir een week nie nodig om verskonings aan enigiemand aan te bied nie.
Oorwinnings in Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisie was die afgelope jare baie skaars. Laas jaar het die Namibiërs vir 18 wedstryde geworstel sonder om een te wen en die vorige jaar se Vodacombeker (sewe wedstryde) het net een naelskraapse oorwinning (24-17) teen die Limpopo Blou Bulle opgelewer.
Saterdag se rustydtelling van 42-24 kan 'n mens laat dink dat die Welwitschias net in die eerste helfte hard ingeklim het, maar dit is ook nie die volle waarheid nie. Die Valke het alles in die stryd gewerp en die Namibiërs moes verdedig met alles wat hulle het.
Vir 'n verandering het die vaste vyf hul primêre take goed uitgevoer en 'n grondslag gelê vir die haastige agterspelers om te wys wat hulle kan doen.
Vleuel Gino Wilson het twee drieë gedruk en het nog 'n keer dwarsdeur genael en toe in die doelgebied vir sy vleuelmaat Lesley Klim gegee om die drie te druk. Wilson is as speler van die wedstryd bekroon.
Heelagter David Philander en buitesenter JC Greyling het ook elkeen die Valke se doellyn oorgesteek.
Ná 'n aanvallende lynstaan het Ruan Ludick as die agterste springer die ingooi gevat en agtsteman Roderique Victor het met 'n tipiese stormloop deurgebars.
Losskakel Theuns Kotzé het elkeen van die Welwitschias se ses drieë in die eerste helfte verdoel. Ná rustyd het hul kanse skrapser geraak en nadat hulle een of twee strafskoppe kantlyn toe geskop het en nie drieë kon kry nie, het Kotzé die enkele strafdoel oorgeklits wat uiteindelik deurslaggewend was.
Twee aanvegbare geel kaarte het die Namibiërs se taak verder bemoeilik. Eers is Philander (18 minute) afgestuur omdat hy as duikvatter eerste op sy voete was, maar kwansuis onregmatig vir besit meegeding het. Ná omtrent 75 minute het Klim in die lug kontak gemaak met 'n springer en is hy ook met 'n geel kaart gestraf.
Die Valke se sewe drieë het van Johannes Pretorius (2), Shane Kirkwood, Grant Janke, Etienne Taljaard, Reg-Hack Muller en Marco Klopper gekom. Heelagter Christian Rust het vier keer verdoel.
LOFTUS LÊ VOOR
Die Welwitschias se volgende afspraak komende naweek is 'n gedugte een, teen die Vodacom Blou Bulle in Pretoria.
Boonop het die tyd vir afrigter Lyn Jones aangebreek waarin hy sonder die nasionale toetsspelers oor die weg sal moet kom wat Donderdag na die Nasiebekertoernooi in Uruguay vertrek.
Van laas Saterdag se agterlyn bly net David Philander oor.
In die agttal is dit darem net Ruan Ludick en Collen Smit wat afgestaan word, asook twee van die plaasvervangers, AJ de Klerk en Mahepisa Tjeriko.
Die gekweste Blou Bulle het laas naweek teen die Pumas verloor (35-29).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie