Eerste buie laaf Namibiu00eb
Eerste buie laaf Namibiu00eb

Eerste buie laaf Namibië

Ronelle Rademeyer
Met die eerste noemenswaardige buie Donderdag en Vrydag oor veral Sentraal-Namibië, het talle dankbare Namibiërs hulle tot Facebook-blaaie soos dié van Namibië Boere gewend om neerslae te rapporteer.

Volgens mnr. Johan Oberholster is tot soveel as 60 mm gereën noordwes van Okahandja gemeet, met reën wat ook in die omgewing van Wilhelmstal, Karibib en Usakos geval het.

Op Otjiwarongo is neerslae van tussen 10 en 15 mm gemeet. Donderdagmiddag omstreeks vyfuur het Helmuth Wohler op Facebook gesê: “Dit reën nou sommer baie lekker op Otjiwarongo.”

Jeanette Hundemer het geskryf: “My hart dans van vreugde. Ons Grote Vader skenk reën aan hierdie dorre aarde. Dit klink so wonderlik om die geruis van die reën te hoor.”

Intussen het mnr. Odillo Kgobetsi, hoofvoorspeller by die weerkantoor, gister gesê die kans op reën verbeter vandeesweek, veral van Woensdag af, met neerslae wat tot die naweek oor die binneland kan voorkom.

“''n Diep laedrukstelsel is besig om in die weste te ontwikkel en dit kan tot buie en donderstorms lei,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!