Eerste bosvoergids uitgereik

Die gids verduidelik hoe om bos in veevoer te omskep, en beveel verskillende diëte vir skape, asook 'n kosteberekeningsmetode aan.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



'n Eerste handleiding in sy soort oor hoe om veevoer van Namibië se indringerbos te maak, is op 28 November tydens die 22ste Weidings­forum op Otjiwarongo vrygestel.

Die handleiding bied praktiese riglyne oor hoe om voer vir beide kleinvee en grootvee te vervaardig deur die gebruik van inheemse indringerbosspesies as 'n sleutelbestanddeel.

Volgens kenners kan dít Namibiese boere in droogtetye uit die verknorsing red en die land teen die peperduur invoer van veevoer beskerm.

Die handleiding volg nadat uitgebreide navorsing en proewe tussen April 2016 en Julie 2017 wetenskaplik bewys het die vervaardiging van bosvoer is ekonomies lewensvatbaar en hou ook nie ­gesondheidsrisiko's vir vee in solank dit reg gebruik word nie.

Die splinternuwe gids bied 'n oorsig van die produksieproses, wat insluit hoe om bos te oes, te maal, te meng, hoe om korrels daarvan te maak en hoe om dit te stoor. Verskillende diëte vir skape, beeste, asook 'n metode om koste te bereken, word ingesluit.

Die gids benadruk die groot potensiaal vir 'n bosgebaseerde veevoer-waarde­ketting in Namibië vir kommersiële ­entiteite én gemeenskappe.

Boonop is dit nog 'n geleentheid om bosindringing te bestry – veral saam met die produksie van houtskool en vuurmaakhout.



TUISGEMAAKTE STRATEGIE

“Ná suksesvolle skaap- en beesvoerproewe in drie verskillende omgewings, naamlik die bewaringsgebied van die Afrika-wildehond by Okondjatu, die ­regeringsplaas Omatjenne en 'n kommersiële plaas naby Dordabis, is gevind dié benadering kan op 'n ­verskeidenheid boere van toepassing wees,” het die ­bosboudirekteur, mnr. Joseph Hailwa, op die forum gesê.

Hy het verder gesê hy is in sy skik met die navorsing omdat dit 'n groot bydrae tot byvoorbeeld die tuisgemaakte strategie, die droogtebeleid asook die nasio­nale weidingsbestuurbeleid en –strategie en die bosindringingprobleem lewer.

Hailwa het deelnemers by die forum aangemoedig om strategieë te identifiseer om die lewendehawebedryf te kommersialiseer, eerstens deur verbeterde grasproduksie en tweedens deur bosvoer.

“Dit kan boerderye meer winsgewend maak, plaaslike insette vir Namibiese markte teen 'n kompeterende koers bied en ons sterk afhanklikheid van invoere verminder.”

BELOWENDE UITSLAE

Die proewe het bewys dit is moontlik om veevoer plaaslik uit die blare en takke van indringerbosspesies te maak en dat dit saam met aanvullings vir vee gevoer kan word.

Tydens die proewe het vee hul gewig gehandhaaf en selfs noemenswaardige groei getoon.

Verskillende diëte is ook getoets en daar is bevind bosvoer kan suksesvol as noodvoer in droogtes gebruik word, maar kan ook as aanvullende voedsel ingespan word. Volgens die navorsers het bosvoer die potensiaal om Namibië te transformeer, gegewe die land se beperkte ­beskikbaarheid van voer, asook ons hoë afhanklikheid van invoere.

“'n Wen-wen situasie word geskep as bos vir die produksie van veevoer gebruik word, want nie net bied dit 'n onmiddellike oplossing in tye van voertekorte nie, maar dit dra ook by tot die verbetering van weiding op die lange duur,” lui 'n nuus­verklaring wat deur GIZ uitgereik is.

“Dit beteken plase kan meer droogtebestand wees en produktiewe weiding kan weer herstel word deur bosuitdunning. Só word miljarde bespaar wat gebruik sou word om veevoer in te voer.”

Die eerste opleidingsessies in die ­vervaardiging van bosvoer is reeds in September vanjaar aangebied en nóg volg in die komende jaar.

Navorsing is gelei deur die ­ministerie van landbou, water en bosbou en die Duitse vereniging vir ­internasionale ­samewerking (GIZ) se gesamentlike bosbeheer- en biomassaverbruik-projek.

Ander lede van die projek sluit in die ministerie se direktoraat vir landbounavorsing en -ontwikkeling, die projek vir die volhoubare bestuur van Namibië se beboste gebiede (Nafola), wat deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsfonds (UNDP) gefinansier word, die Afrika-wildehondbewaringsgebied, asook die plaas Langbeen.

Ander borge het Feedmaster, asook Beefcor Meat Suppliers ingesluit.

Meer inligting is by die Ontbossings­adviesdiens of www.dasnamibia.org ­beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.60/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0036 | Platinum US$ 929.85/OZ DOWN -0.0068 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.60/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0036 | Platinum US$ 929.85/OZ DOWN -0.0068