Eers 'n sonsverduistering, dan vorm 'Betlehem-ster'

13 December 2020 | Omgewing
Die Suid-Kaap Astronomieklub sê môre (14 Desember) se sonsverduistering, sal kort voor sonsondergang as 'n gedeeltelike verduistering in Namibië gesien kan word.
Dit sal ook as ‘n gedeeltelike verduistering in die westelike dele van Angola, suidwestelike dele van Botswana en die westelike en sentrale dele van Suid-Afrika gesien kan word. Daarteenoor sal die son totaal verduister in die Stille Oseaan, suidelike dele van Suid-Amerika asook Antarktika wees.
Dit kom kort vóór die planete Jupiter en Saturnus op 21 September só naby aan mekaar kom dat dit soos een, helder ster vanaf die aarde sal vertoon – ‘n rare gebeurtenis waarna daar in sommige kringe as die vorming van die 'Betlehem-ster' verwys word.
Die klub sê die planete sal plaaslik op 21 Desember die beste teen sowat 20:00 in die westelike horison gesien kan word. “’n Paar dae voor die gebeurtenis, sal Saturnus, Jupiter en die sekelmaan ook ‘n besonderse klein driehoek vorm,” het die klub gesê.
Foto ter illustrasie.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies