Eerlik, roerend met u2019n vonkel
Eerlik, roerend met u2019n vonkel

Eerlik, roerend met ’n vonkel

Minette Brink
J.B. Roux - Wanneer water wyn word is die lewensverhaal van Vivian Kleynhans soos vertel aan Jacqueline Leuvennink.

Kleynhans is een van Suid-Afrika se suksesvolste wynhandelaars wie se wyn selfs na die VSA uitgevoer word.

Vivian se vroegste jare was nederig en moeilik en is erger gemaak deur haar velkleur – en wie kan nou nee sê vir ’n lekker armoede-tot-rykdom-storie, veral een wat op die waarheid gegrond is? Om van ’n armoedige agtergrond tot ’n internasionaal erkende sakevrou te vorder, is ’n amperse wonderwerk.

Vivian word op Paternoster, ’n gehuggie aan die Weskus, groot as een van sewe susters (later kom daar ’n boetie by).

Haar pa werk by die visfabriek; haar ma is ’n fanatiese huisvrou. Die gesin eet hoofsaaklik uit die see. Die susters word streng en “te ernstig” (om die bure aan te haal) grootgemaak.

Vivian verlaat skool om die geldelike druk op die gesin te help verlig. Sy kry werk by ’n meubelwinkel. Haar pa verloor sy werk en die gesin moet die fabriekshuis ontruim. Hulle trek Vredenburg toe en moet rondval vir tydelik blyplek.

Een van die ouer, wit werknemers by die meubelwinkel reël dat die Kleynhanse by ’n huis intrek en haar pa weer werk het, maar dié “beskermengel” stel in meer as ’n werksverhouding met Vivian belang.

Vivian se pad kronkel verder. Daar is goeie tye en slegte tye, maar eindelik vind sy geluk. Of liewer: Sy “maak” haar eie geluk. Dis nie ’n vrou hierdie wat haar laat onderkry deur watter hindernisse ook al op haar lewenspad geplaas word nie. Ook toe sy die wynbedryf betree, is daar terugslae.

Vivian Kleynhans se verhaal is, eerlik, bemoedigend, roerend en met ’n vonkel in die oog. Jacqueline Leuvennink se vertelling is onderhoudend en sy slaag daarin om Kleynhans se unieke “stem” te behou.

Die boek is deur Lux Verbi uitgegee.

*J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!