Eensame toeris in dorsland vermis

Van 'n verkenningsvliegtuig tot ’n helikopter is in die soektog na 'n buitelander ingespan.
Des Erasmus
Des Erasmus - Uitgebreide soekgeselskappe het gister op Klein Brandberg in Damaraland gekonsentreer in ‘n verlate en haas onbewoonde geweste waar ‘n toeris uit Amerika, mnr. Mark Mokosho (37), sedert Vrydag vermis word.

Dowwe spore in die bergland kon wel syne wees, maar van die man met sy herkoms in Senegal in Afrika was geen teken nie.

‘n Verkenningsvliegtuig, ’n helikopter en lede van die polisie se spesiale taakmag en personeel van ‘n herberg in die woesteny het Saterdag reeds die gebied gefynkam. ‘n Beroep is Saterdag ook op lede van omliggende gemeenskappe gedoen om hulle by die soekgeselskappe aan te sluit.

Lede van die polisie se spesiale eenheid het Saterdagnag op Uis geslaap, maar het vroeg gisteroggend na die gebied naby die Gobobos-bergland teruggekeer. Op Uis is bystand deur mnr. Basil Calitz van die Brandberg-ruskamp verleen in die vorm van kospakkies, water en noodvoorrade vir die dag in ‘n gebied waar dit bedags baie warm kan word.

Calitz self het laat Saterdagmiddag in sy veldvoertuig rondom Klein Brandberg gery.

Hy het wel op ou wildspore afgekom, maar van die vermiste man was daar geen teken nie. Dit is ‘n waterlose bergland waar daar eens leeus gedwaal het, maar in onlangse maande was daar g’n leeugevaar nie. Selfs wild word nou selde daar aangetref.

Mokosho se Namibiese toer word manalleen onderneem. Hy het Vrydag in ‘n huurvoertuig, ‘n wit Ford Ranger-bakkie, van Swakopmund na Brandberg vertrek waar hy waarskynlik vir die naweek wou kampeer. Hy is ook deur van die min mense van die gebied gesien waar hy die bakkie langs die Gobobos-pad (D2342) geparkeer het en Klein Brandberg begin klim het.

Toe dit aand geword het, het die wit voertuig steeds daar gestaan. Onraad het twee werkers van Camp Elephant Rock met ‘n soektog laat begin.

Hulle het wel die alleenloper se spoor gekry. Toe dit Vrydagaand kort voor middernag steeds niks opgelewer het nie, is die voorval by die polisie op Uis aangemeld. Die twee werkers, mnre. Ocean Hangula en Denzel Kaninab, het self die nag op Klein Brandberg geslaap.

Saterdag het eers ‘n ligte vliegtuig, die Protector, aan die soektog deelgeneem en toe het ’n polisiehelikopter ook gekom.

Saterdagnag het verskeie lede van die soekgeselskappe op Klein Brandberg en Gobosbosberg geslaap. Protector is bekend vir bystand wat verleen word wanneer teen wildstropers opgetree word.

‘n Vermoede is dat Mokosho op pad Brandberg toe was, maar op ‘n verkeerde pad beland en verdwaal het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!