Eenjarige seuntjie verdrink in poel reënwater
‘n Eenjarige seuntjie het gister in’n poel reënwater op die plot Otjitazu no. 2 tussen Otjiwarongo en Outjo verdrink.
Die oorledene is as Jayden Giovanni Muinjo geïdentifiseer.
Volgens ‘n woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het die voorval tussen 09:00 en 11:00 plaasgevind.
Mbeha het gesê volgens die voorlopige ondersoek was Muinjo in die sorg van sy twee minderjarige broers terwyl hul ma in die huis geslaap het.
“Toe die ma wakker geword het, het was haar seuntjie nêrens te vinde nie. Sy het na hom begin soek en sy liggaam in ‘n poel reënwater sien dryf,” het Mbeha gesê.
Geen vuilspel word vermoed nie en die polisieondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie