Eenjarige brand in sinkhuis dood
Eenjarige brand in sinkhuis dood

Eenjarige brand in sinkhuis dood

Indonesiese toeriste is verlede week by ’n lodge op Khorixas glo van kontant, selfone, kameras en kamerasakke beroof.
Tanja Bause
Tanja Bause – Twee mense het die afgelope naweek doodgebrand toe hul sinkhuise aan die brand geslaan het.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die eenjarige Festus Paulus Vrydag om 20:30 in ’n informele nedersetting by Otjiwarongo doodgebrand.

Volgens getuies was sy ouers besig om tradisionele bier by ’n nabygeleë huis te drink toe hulle mense hoor gil hul sinkhuis is aan die brand.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

Sondag tussen 00:00 en 01:00 het mnr. Immanuel Nghilokwa (35) in sy sinkhuis doodgebrand toe dit in die Nau-Aib-informele nedersetting by Okahandja afgebrand het.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

Me. Annastasia Ndahepa (27) is doodgeskok deur ’n lewende elektriese kabel terwyl sy haar wasgoed gewas het. Die voorval het Sondag om 13:00 in die Sauyemwa-nedersetting op Rundu plaasgevind.

Vermeende verkragting

Saterdag is ’n 13-jarige meisie in die Nuwerus- informele nedersetting op Aranos glo deur twee mans van 20 en 21 verkrag.

Die mans is in hegtenis geneem.

’n Sestienjarige meisie is Saterdag om 20:00 na wat verneem word agter die Katolieke hospitaal op Gibeon deur ’n 21-jarige man verkrag.

Die verdagte is die volgende dag in hegtenis geneem.

Donderdag om 09:30 is ’n 10-jarige meisie na bewering deur ’n 24-jarige man in die bosse in die Omena-nedersetting in die Oshikotostreek verkrag.

Die meisie en twee seuns is glo deur hul skool huis toe gestuur omdat hulle laat was. Op pad huis toe het ’n man wat aan hulle bekend is hulle glo begin jaag. Die twee seuns kon vlug, maar die meisie is glo gevang en verkrag. Die man is in hegtenis geneem.

In die Eenawa-nedersetting in die Omusatistreek het ’n 19-jarige man ’n 18-jarige meisie glo verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Op Aussenkehr is ’n 21-jarige vrou na wat verneem word agter die Oshipemba-kroeg deur ’n onbekende man verkrag.

Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Roof

Donderdagaand is toeriste van Indonesië glo deur ’n onbekende man beroof. Die toeriste het by die !Gowati Lodge oornag toe die man na wat verneem word by hul slaapkamer ingebreek het. Die verdagte het glo N$4 300, U$2 500 en drie miljoen roepees in kontant gesteel, asook selfone, kameras, lense en kamerasakke ter waarde van N$299 820. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Vermeende manslag en roekelose of nalatige bestuur

Mnr. Onesmus Paulus (30), ’n soldaat van die Osana- militêre basis het Vrydag om 19:30 in ’n motorongeluk gesterf. Die voertuig waarin hy ’n passasier was, het op die hoofpad tussen Tsandi en Okahao omgeslaan. Die bestuurder het glo probeer om ’n botsing met ’n donkie wat oor die pad geloop het, te vermy. Die bestuurder is nie beseer nie.

Saterdag om 20:30 het mnr. Vincent Louw (44) in ’n motorongeluk op Rehoboth gesterf. Die voorval het by die Bahnhof T-aansluiting plaasgevind toe ’n bakkie en ’n klein bakkie glo teen mekaar gebots het. Louw was die bestuurder van die bakkie en is uit sy voertuig geslinger en is op die toneel dood.

Geeneen van die klein bakkie se insittendes is beseer nie.

Die bestuurder was na bewering onder die invloed van alkohol en is na die hospitaal geneem vir bloedetoetse. Hy is in hegtenis geneem.

Mnr. Nathanael Tjaera is Sondag op die toneel dood toe hy uit sy voertuig geslinger is. Dié voorval het Sondag om 18:00 in die Okandjira-nedersetting sowat 45 km van Okahandja af plaasgevind.

Tjaera het glo beheer oor sy voertuig verloor en dit het omgeslaan.

Maandag om 07:00 het ’n onbekende bestuurder ’n voetganger, mnr. Gomachab McCrow (26), doodgery.

Die voorval het op die B1-hoofweg net duskant die Shandumbala- informele nedersetting in Windhoek plaasgevind. Die bestuurder het die toneel verlaat.

Die polisie doen ’n beroep op enige lid van die publiek wat inligting oor die voorval het om na vore te kom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!