Eenheid teen geslagsgeweld kry hupstoot
Eenheid teen geslagsgeweld kry hupstoot

Eenheid teen geslagsgeweld kry hupstoot

Deur middel van ’n halfmarathon het twee Namibiese vroue geld ingesamel om omgeepakkies vir getraumatiseerde kinders bymekaar te sit.
Yolanda Nel
Yolanda Nel - Wanneer ’n kind by die huis verkrag word, word dié kind vir 21 dae na ’n plek van veiligheid geneem en daarná weer in die ouerhuis teruggeplaas – dikwels saam met die oortreder.

Volgens me. Maryn Swart van die Nasionale Instituut vir Forensiese Wetenskap is dít die lot van gemiddeld 14 kinders per naweek wat in Windhoek verkrag word.

Daarmee saam neem die eenheid teen geslagsgeweld in die hoofstad se nood voortdurend toe.

Twee Namibiese vroue het besluit om geld in te samel om verligting te bring.

“Ons het vir die Hangana-halfmarathon ingeskryf en gesê ons moet vir ’n doel hardloop. Só het Run for Dignity Kids begin,” sê me. Sandra Loubser, wat die inisiatief begin het.

Dit was vir haar en me. Nevadia van Zyl belangrik om bewusmaking van dié belangrike kwessie in die land te bevorder.

Saam het hulle borgskappe probeer werf en dié geld is aangewend om ná die wedloop pakkies vir kinders te maak.

Elke pakkie bevat ’n rokkie of hempie en broekie met onderklere, lyfroom, ’n koekie seep, ’n waslap, ’n sanitêre doekie, tandeborsel en tandepasta, ’n Bybel en ’n pakkie koekies.

“Ons het 130 pakkies gemaak – 27 vir seuns en 102 vir meisies – en elke ouderdomsgroep het ongeveer 20 pakkies,” sê Loubser.

Elke pakkie is sowat N$160 werd.

Gemeentelede van die Hervormde Kerk Windhoek het betrokke geraak deur die klere in die pakkies te maak.

“Ons daag nou ook ander kerke uit om by hierdie projek betrokke te raak,” sê ds. Frans Ras.

Volgens die groep kort die eenheid heelwat hulp. Daarmee saam kort die verskeie plekke van veiligheid kos.

Mnre. Ben Kavurua en Tjipee Zaamuani van die eenheid was opgewonde oor en dankbaar vir die skenking.

Kontak Sandra by [email protected] vir meer inligting.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!