Eendeweer hier

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
SWAAR reënbuie oor die sentrale hoogland was gister hopelik die aankondiging van die koms van die reën in \'n dorre Namibië, waar die oproep vir voedselhulp en drukbemarking van verhongerde vee daagliks groter word.
Die versengende hitte is gister verbreek toe donderbuie wyd oor die sentrale gedeelte van die land uitgesak het. Die weerkantoor op die internasionale lughawe by Windhoek voorspel dat kanse op reën vir die res van die week oor die noordelike helfte van die land net kan verbeter.
\"Alles juig hier by ons ná die aarde so droog was,\" was die kommentaar gister ná \'n stortbui oor Windhoek en die omliggende gebiede uitgesak het.
Me. Welma Myburgh het uit die Friedenau-omgewing gesê dit het gisteroggend fyn begin reën en teen 12:00 het \'n harde bui uitgesak. \"Ons het al 19 mm vir die dag gehad,\" het sy gesê.
Teen 14:00 gistermiddag is in die hoofstad reeds tot soveel as 20 mm reën gemeet en volgens die weerkantoor is die kanse op \'n nat Nuwejaar goed. In woonbuurte soos Suiderhof, Pionierspark, Academia, Olympia, Eros, Katutura en Khomasdal, het stortbuie oor die middaguur welkome verligting ná dae se skroeiende hitte gebring.
Die reënkombers gister het egter net oor die hartjie van Namibië gehang, maar met navraag oor ander dele van die land is goeie vooruitsigte vir die res van die seisoen voorspel.
Mev. Steffi Eggert van die Otavi-omgewing het gister gesê hulle het 60 mm reën oor die Kerstyd ontvang en oral in die mieliedriehoek is boere besig om gewasse vir die seisoen aan te plant, aangesien boere voel die grondvog is nou reg om die aanplantings te onderhou tot die \"groot\" reënseisoen in Februarie in aanvang neem.
Langs die Kavangorivier in die noorde is kommersiële- en kommunale boere ook geesdriftig aan die plant.
Die streekraadslid van die Mukwe-kiesafdeling, mnr. John Thighuru, het aan Nampa gesê inwoners van nedersettings in dié kiesafdeling werk reeds die afgelope weke hard op hulle lande. Hy moedig die mense aan om landbou-aktiwiteite nou hul eerste prioriteit te maak.
Dié omgewing het sedert Vrydag 125 mm reën ontvang, wat ook bedrywighede by drie prominente landbouplase in volle gang het.
Polisiepersoneel en NamWater-amptenare het berig dat die vlak van die Kavangorivier vinnig styg. Dit dui op goeie neerslae in die opvanggebied van die Kavangorivier op die sentrale hooglande van Angola. Gister was die vlak op 5,2 meter, maar vanweë probleme met rekenaars kon die vlak van die rivier in die ooreenstemmende tyd verlede jaar nie gegee word nie.
Rundu en Katima Mulilo, wat eergister 20,6 mm reën ontvang het, en die omgewing rondom dié plekke kan vandag steeds reën verwag.
Mnr. Victor Kaurimuje, weervoorspeller, het gister aan Republikein gesê die noorde van die land het vandag \'n 60 persent kans dat dit sal reën, terwyl die kanse op reën in die sentrale en ooste van Namibië 40 persent is.
Teen môre verswak die kanse in die noorde tot 40 persent, maar vir die sentrale en oostelike dele is die kans steeds 40 persent.
Vrydag word goeie ontwikkeling in die noordweste verwag, maar in die sentrale, noordelike, noordoostelike en oostelike dele is die kans net 20 persent.
Saterdag behoort die kanse weer te versterk, wanneer \'n 40 persent kans vir reën in die binneland bestaan. In die noordooste en noordweste is die kanse \'n skrale 20 persent.
Langtermynvoorspellers meen steeds Namibië se kanse op normale reënneerslae in die tweede helfte van die seisoen is goed.

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...