Een uit tien voltooi nie laerskoolopleiding
Volgens Unesco sal 20% van jongmense in die wêreld teen 2030 steeds nie kan lees nie.
Henriette Lamprecht – Sou dinge voortgaan soos nou gaan een uit elke tien kinders in Afrika suid van die Sahara nie hul laerskoolopleiding teen 2030 voltooi nie.
Met byna ‘n derde van die tyd reeds verstreke voor die sperdatum vir die 2030- volhoubare ontwikkelingsdoelwitte wys nuwe vooruitskattings deur Unesco die wêreld gaan sy onderwysplig versuim as daar nie dringend ingegryp word nie.
In 2030, wanneer alle kinders op die skoolbanke behoort te wees, sal dit nie die geval wees vir een uit elke ses kinders in die ouderdomsgroep 6 tot 17 jaar nie.
Baie kinders verlaat skool steeds en teen 2030 sal 40% teen die huidige vooruitskattings nie hul hoërskoolonderrig voltooi het nie. In Afrika suid van die Sahara is dit 50%.
Die nuwe wêreldonderrigdoelwit (SDG 4) vra van lande om te verseker kinders gaan nie net skool nie, maar leer ook iets. Tog is daar al minder opgeleide onderwysers in Afrika suid van die Sahara sedert 2000.
Met die huidige vooruitskattings sê Unesco sal uitkomste vir onderrig in middelinkomstelande en Latyns-Amerika stagneer, terwyl dit met byna ‘n derde in Afrikalande sal val waar Frans as taal oorheers.
Sou daar nie dringend hieraan aandag geskenk word nie, sal 20% van jongmense en 30% van volwassenes in die wêreld teen 2030 steeds nie kan lees nie.
Volgens Unesco beklemtoon die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling geen kind sal agterbly nie, maar net 6% van die armste 20% kinders in Afrika suid van die Sahara voltooi hul hoërskoolloopbane teenoor 48% van die rykste inwoners.
Met verwysing na die finansiering van die ontwikkelingsdoelwitte sê Unesco in 2015 is reeds beraam daar is ‘n jaarlikse finansieringsgaping van sowat US$39 miljard om dié doelwitte in 2030 te behaal. Tog het die finansiering van onderrig sedert 2010 gestagneer.
Tans verskaf minder as die helfte van lande die inligting wat nodig is om vordering met die doelwitte te monitor.
“Lande moet by hul beloftes hou,” sê Unesco se direkteur van die instituut vir statistiek, me. Silvia Montoya.
“Wat is die punt daarvan om doelwitte te stel as ons dit nie kan naspoor nie? Beter finansiering en koördinering is nodig om die gaping in inligting te takel voordat ons enigsins nader aan die sperdatum kom,” het sy gesê.
Mnr. Manos Antoninis, direkteur van die wêreldmoniteringsverslag vir onderriglande, het die betekenis van die wêreldonderrigdoelwitte “baie anders” geïnterpreter.
“Dit maak sin, omdat lande by verskillende beginpunte afskop. Lande moet nie te veel afwyk van die beloftes wat hulle in 2015 gemaak het nie. As lande nou hul planne met hul beloftes laat strook, kan hulle weer teen 2030 op die regte spoor wees,” het hy gesê.
Volgens die verslag is daar wel verskeie lande wat voorkeur gee aan gelykheid en insluiting sedert 2015.
Van die voorbeelde sluit onderrigfooie vir die armstes in Viëtnam in, wat afgeskaf is.
Dit sê evaluerings word deur meer en meer lande gebruik om vordering te bepaal, terwyl uitslae gebruik word om leerplanne te verander.
Nuwe vaardighede wat nodig is vir die verwesenliking van die ontwikkelingsdoelwit vir onderwys word ook toenemend meer in leerplanne en handboeke weerspieël.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie