Een sterfte, sewe nuwe gevalle
Een sterfte, sewe nuwe gevalle

Een sterfte, sewe nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met een - die tuissterfte van 'n 32-jarige man in die Rundu-distrik - tot 3 572. Gister is sewe nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 0,5%. Dit sluit een leerling in. Die aktiewe gevalle staan tans op 87 waarvan tien in die hospitaal en een in die ICU is. Tot op hede het 360 371 mense een dosis entstof ontvang, teenoor die 300 633 wat ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 97,2%.

Kommentaar

Republikein 2022-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer