Een sterf toe trein ontspoor

'Skuif spoorlyn'

17 March 2021 | Ongelukke
Irene-Mari van der Walt op Swakopmund – Die rustigheid op Swakopmund is gister oor die etensuur met ’n harde slag van knarsende metaal verstoor toe ’n goederetrein met vier lokomotiewe en minstens 25 waens ontspoor het.
Volgens noodpersoneel op die toneel was vier mense in die ongeluk omstreeks 13:30 betrokke, van wie een noodlottig beseer is.
Aansienlike skade is ook aangerig en treindienste na en vanaf Walvisbaai is vir eers ontwrig.
Nooddienste het gesukkel om die oorledene se liggaam te verwyder wat in een van die ontspoorde lokomotiewe vasgevang was.
“Die loko[motief ] lê op sy kop. Dit moet eers gelig word voor ons hom kan verwyder,” het mnr. Adri Goosen, hoof van die brandweer op Swakopmund, verduidelik.
Volgens Goosen was dit ’n wegholtrein en hy is van mening dat spoed vir die ongeluk verantwoordelik was.
“Daar was vier mense op die trein. Twee het afgespring en twee het op die trein gebly. Van die twee wat op die trein gebly het, is een beseer en die ander een het gesterf,” het hy bevestig.
’n Derde persoon is vir skok behandel.
Beweringe dat die trein se remme gefaal het, kon nie bevestig word nie.
Lede van die nooddienste op die toneel het bevestig dat die trein ’n vrag steenkool gedra het wat vir die uitvoermark bestem is. Vier leë swaelsuurtenkwaens het ook ontspoor.
TransNamib het in ’n verklaring bevestig die maatskappy se noodprotokol is ná die ongeluk ingestel.
“TransNamib betreur hierdie voorval en sal beskikbare bronne gebruik om ondersoek in te stel.”
Die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, het die ongeluk as ’n tragedie beskryf en inwoners gevra om van die toneel weg te bly sodat dit ongehinderd opgeruim kan word.
“Hopelik sal TransNamib ons laat weet sodat sulke situasies in die toekoms vermy en verhoed kan word. Ons innige meegevoel met die familie van die oorledene.”

‘ONGELUK WAT WAG OM TE GEBEUR’
Me. Ciske Howard, voorsitter van die Erongo-streeksraad, was op die toneel en is van mening die streek het verwag dat só ’n ongeluk sou gebeur.
“Die treine maak hier ’n skerp draai. Ons het dit al lank voor oë om die treine buite die dorp te laat verbygaan. Indien ’n trein met ’n plofbare of vlambare vrag ontspoor, kan dit ’n yslike ramp wees. Die spoorlyn is te na aan die dorp. Daar is geboue regoor die straat,” sê sy.
Volgens Howard moet dringend ingegryp word. “Ons as die streeksbestuur sal met TransNamib en die dorpsbestuur moet vergader om ’n alternatief te vind.”
Mnr. Chris Priilaid, wat by ’n onderneming regoor die ongelukstoneel werk, stem met Howard saam dat dié draai ’n probleem vir treine is. “Ons het in die kombuis gesit tydens ons middagete en ’n yslike slag gehoor wat soos donderweer geklink het. Ons het uitgegaan en gesien die trein lê,” sê hy.
Priilaid sê hy het van kennisse verneem dat die trein teen ’n hoë spoed by ’n vulstasie aan die buitewyke van Swakopmund verby gery het.
[email protected]

Soortgelyk

 

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

15 minute gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

1 uur gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

5 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

16 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

16 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

16 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...