Een persoon ontwikkel matige simptome nu00e1 Sinopharm-entstof
Een persoon ontwikkel matige simptome nu00e1 Sinopharm-entstof

Een persoon ontwikkel matige simptome ná Sinopharm-entstof

Henriette Lamprecht
Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, sê net een persoon uit die meer as 800 wat met die Sinopharm-entstof teen Covid-19 ingeënt is, het newe-effekte ontwikkel. Muinjangue sê egter die situasie is onder beheer, die simptome was matig en die persoon word deur die ministerie gemonitor.

Muinjangue het in die Nasionale Vergadering gesê Covid-19-entstowwe wat die regering deur Covax ontvang, kan moontlik eers in Mei in die land verwag word. Volgens haar ervaar die regering voortgesette vertragings met die aflewering van entstowwe deur Covax en is daar nog nie ’n spesifieke datum nie.

Namibië het laat verlede jaar reeds ’n betaling van N$26 miljoen aan Covax gemaak wat 15% is van die totale koste van N$193 miljoen om een miljoen dossise van die entstowwe te verseker. Die land het ook ’n aankoopooreenkoms met Covax onderteken. Die betaling was om te verseker Namibië is een van die eerste ontvangers van die entstowwe. Die verskaffingsdatum is reeds verskeie kere uitgestel van Januarie en volgens Muinjangue het die ministerie juis oor die voortgesette vertragings ’n advertensie geplaas vir voornemende bieërs om te help om meer entstowwe aan te koop.

Die adjunkminister sê die minister dr. Kalumbi Shangula het verlede week na Geneve in Switersland gereis vir ’n MIV/vigs-konferensie en het ook met die uitvoerende hoof van Covax vergader om die kwessie te bespreek met die hoop dat dit die proses sal versnel. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!