Een krisis nu00e1 die ander laat die ekonomie steier
Een krisis nu00e1 die ander laat die ekonomie steier

Een krisis ná die ander laat die ekonomie steier

Suid-Afrika en Venezuela word nou in dieselfde asem genoem as lande waar die ekonomie in die moeilikheid is.
Liezel de Lange - Suid-Afrika en Venezuela.

Dis die enigste twee noemenswaardige ekonomieë wat hulle in ’n resessie bevind te midde van ’n oplewing in die wêreldekonomie.

“Ons (ekonomiese) probleme is ’n aardigheid,” het Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, aan die parlementêre komitee oor finansies gesê. “Die dalende vertroue in ons ekonomie is vererger deur politieke gebeure.”

Daaroor is geen twyfel nie.

IMF? Nee, dankie

En daar is net een ding so vreesaanjaend as om in dieselfde asem as Venezuela (wat in chaos verval) genoem te word. Dit is Malusi Gigaba, minister van finansies, se stellings dat ons dalk aan die deur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) moet gaan klop.

Die einste IMF wat berug is vir sy omstrede strukturele aanpassingsprogramme wat talle ontwikkelende lande se ekonomieë van die wal af in die sloot gehelp en langdurige afhanklikheid veroorsaak het.

Hul voorskrifte oor onder meer maatskaplike besteding en besparings het al menige regering duur te staan gekom. ’n Voorbeeld is hoe die Bretton Woods-instellings die kasjoeneutbedryf, met sy destydse potensiaal vir werkskepping, in Mosambiek verlam het.

As ons regering minder op sy interne gevegte en meer op landsbestuur fokus, sal die geld inkom wat ons nodig het om ons ekonomie uit te bou.

Mynbou bloei poste

Ná twee opeenvolgende kwartale waarin die ekonomie gekrimp het, is Suid-Afrika nou in ’n resessie.

Kganyago het in die parlement gewaarsku dinge kan vererger sonder blitsige beleidsekerheid vir veral die mynbou en landbou.

Dié twee sektore het in die eerste kwartaal gegroei, maar die syfers en omstandighede het intussen vererger.

So het Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, se omstrede mynbouhandves te midde van groot konsternasie in die Kamer van Mynwese én vakbonde die lig gesien.

Soos met soveel beleid/wetgewing/planne die laaste maande sleep al wat leef en beef mekaar hof toe hieroor.

Zwane het die instelling van die mynbouhandves uitgestel, maar het sommer ook sy planne bekend gemaak om ’n moratorium te plaas op die uitreiking van myn- en prospekteerlisensies. Ná nog ’n bakleiery hieroor is ook dié plan ingevolge ’n hofbevel terug in die laai.

En toe kom die vreeslike nuus dat twee van die land se grootste goudmynmaatskappye planne beraam om hul arbeidsmag drasties te verklein en dat ander ook sulke stappe oorweeg.

Sibanye Gold beplan om 7 400 werkers af te lê en AngloGold Ashanti sowat 8 500.

Altesame 20 000 poste in die mynbedryf is in gevaar.

Die myne sê herstrukturering is onvermydelik om hul volhoubaarheid te verseker.

Die Kamer van Mynwese is egter minder subtiel en plaas die skuld vir die enorme werkverliese voor Zwane (en sy omstrede beleid) se deur.

Joseph Mathunjwa, Amcu-president, het in die afgelope week gesê Zwane weet nie wat hy doen nie. “Ons is in ’n krisis en hulle (die regering) is wanfunksioneel.”

Hy wys daarop dat elke mynwerker van vyf tot tien mense onderhou. Dus kan tot 200 000 mense met die beplande afleggings hul inkomste verloor.

Grondhervorming en politiek

Die nuutste werkloosheidsyfers is reeds ontstellend.

Tot 27,7% van Suid-Afrikaners is werkloos – die hoogste syfer sedert 2003. En dit is net dié wat nog werk soek en sluit nie diegene in wat al tou opgegooi het nie.

Ook beleid oor grondhervorming word vasgevang in die politieke gevegte (en veral die ANC se pogings om die EFF se troefkaart te probeer fnuik).

“Hoe vinniger daar beleidsekerheid is, hoe beter,” het Kganyago gesê.

Hy het gesê daar kan nie van ’n mynmaatskappy verwag word om beleggings vir die volgende drie dekades te doen as beleid pal verander nie. “Dieselfde geld as jy ’n boer is en jy moet dink oor die impak op die duur.”

Ons regering is besig om ons ekonomie te begrawe. Die betrokkenes is so opgeslurp in die magstryd om die ANC-kroon dat hul dagtaak agterweë bly. Beleidskwessies is ’n politieke speelbal met verreikende gevolge vir gewone Suid-Afrikaners.

Mag Desember nou vinnig kom sodat ons duidelikheid kan kry oor die rigting wat ons gaan inslaan. - Netwerk24

Liezel de Lange is Rapport se besturende redakteur.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.42/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0119 | Zinc US$ 2 795.10/T DOWN -1.37% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 912.06/OZ DOWN -0.0096 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.42/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0119 | Zinc US$ 2 795.10/T DOWN -1.37% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 912.06/OZ DOWN -0.0096