Een dood weens varkgriep
Een dood weens varkgriep

Een dood weens varkgriep

Die seisoenale varkgriepvirus, H1N1, het die naweek tot een sterfte gelei.
Denver Kisting
Denver Kisting – ’n 45-jarige man van Rehoboth is Vrydagmiddag weens varkgriep in ’n Windhoekse hospitaal oorlede.

Dít kom nadat die man reeds die afgelope week om sy lewe geveg het nadat hy verlede Donderdag opgeneem is.

Dr. Dave Uirab, wat namens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste die H1N1-reaksiespan lei, het Vrydagmiddag die man se dood bevestig.

Hy het gister gesê hy dra nie kennis van enige verdere sterftes weens varkgriep nie.

In ’n persverklaring het die ministerie Donderdag by monde van sy permanente sekretaris, me. Petronella Masabane, gesê in daardie stadium was daar reeds vyf bevestigde gevalle van varkgriep. Dit het teen Vrydagmiddag, voor die siekte sy eerste slagoffer geëis het, na sewe gestyg.

Masabane het voorts gesê die huidige voorkoms van varkgriep in Namibië word as seisoenaal beskou. Sy het gesê dit is nie ’n uitbreking nie.

Die man wat intussen oorlede is, was reeds teen Donderdag in ’n bedenklike toestand in die intensiewesorgeenheid van die Rooms Katolieke Hospitaal.

Masabane het gesê vier van die vyf gevalle is inwoners van Rehoboth, terwyl een ’n inwoner van die hoofstad is.

Sy het gesê die eerste geval is op 22 Junie by ’n private hospitaal in Windhoek aangemeld.

Masabane het vroeër gesê meer as 8 000 gevalle is tydens die laaste uitbreking in 2010 en 2011 van varkgriep in Namibië is aangemeld.

Volgens haar is 102 gevalle hiervan positief as varkgriep gediagnoseer.

In daardie stadium, sê sy, is Ohangwena, Omusati en //Kharas die swaarste getref.

Volgens die webwerf van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) is een mens tydens daardie uitbreking dood.

Kassie

Tekens en simptome

Die tekens en simptome van varkgriep sluit onder meer in ’n koors bo 38 grade Celsius, hoes, seer keel, loperige of toe neus, rooi, tranerige oë, lyfpyn, moegheid, diarree en naarheid en vomering in.

Volgens Masabane word varkgriep hoofsaaklik deur hoes en nies oorgedra of deur direkte kontak met oppervlakke wat besmette druppels bevat.

In die verklaring raai sy mense aan om hulle te laat inent teen varkgriep, eerder in die driekhoek van jou elmboog te nies of hoes en nie in jou hande nie, baie vloeistowwe in te neem en deeglik hande te was.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!