Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld
Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

Ronelle Rademeyer
‘n Vrou van 35 het op Okakarara gesterf nadat sy na bewering deur haar man aangerand is, terwyl ‘n jong man en vrou ernstige beserings opgedoen het toe hulle glo deur hul geliefdes met messe bygedam is.
Die 35-jarige vrou se man is Saterdagaand vir haar moord in hegtenis geneem. Hy het haar na bewering die vorige Saterdag met ‘n onbekende voorwerp aangerand, waarna sy in die hospitaal op Okakarara behandel is en later gesterf het.
‘n Vrou van 20 jaar is in hegtenis geneem nadat sy haar kêrel na bewering Saterdag in die Etoshapoort-nedersetting op Outjo met ‘n mes in die rug gesteek het. Dit was nadat sy in ‘n videospeletjie teen hom verloor het. Die polisie sê in sy weeklikse misdaadverslag die twee het baklei toe sy verloor het.
Hy is na ‘n Windhoekse hospitaal vir behandeling oorgeplaas.
Die derde voorval het Vrydag by Aminius gebeur toe ‘n 26-jarige vrou na bewering sowat nege keer deur haar 21-jarige kêrel met ‘n mes op die kop gesteek is.
Volgens die misdaadverslag het ‘n stryery tussen die twee ontstaan toe die verdagte haar glo by ‘n ander man sien staan het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!