Een baba glo verwurg, een verbrand
Twee tweejariges tel onder die slagoffers van die Namibiese polisie se misdaadverslag vir die afgelope naweek.
'n Meisie is verwurg en 'n seuntjie het ernstige brandwonde opgedoen.
"Die tweejarige Selma Liwanga se ma (33) het haar glo verwurg en in ’n vlak graf begrawe. Die vrou het daarna glo voorgegee haar dogter word vermis," sê die Namibiese polisie.
Die voorval het na wat verneem word Woensdag by Mangettiduin naby Tsumkwe in die Otjonzondjupastreek plaasgevind.
Die verdagte is in hegtenis geneem.
"’n Seuntjie het Vrydagoggend ernstige brandwonde opgedoen nadat sy oppasser (30) na bewering warm water oor hom uitgegooi het," sê die polisie.
Dié voorval het glo omstreeks 08:00 in Harvey Height Court in Schumanstraat in Windhoek-Noord plaasgevind.
Volgens 'n polisiewoordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi, is die oppasser deur die polisie ondervra.
"Sy het beweer terwyl sy warm water in die badskottel gegooi het, het die baba in die skottel geval. Die vrou is later weens 'n gebrek aan bewyse vrygelaat," het Shikwambi gesê.
Die polisieondersoek duur voort.
“Indien nuwe bewyse gevind word, kan die oppasser in hegtenis geneem word," het die polisie gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie