Edugate se matrieks groet
Edugate Academy op Otjiwarongo se matriekafskeid het op 14 September plaasgevind met die unieke tema “Vintage Circus Mad Hatter Party”. Die kos was uitstekend, die dekor uit die boonste rakke en dit was 'n gemoedelik saamkuieraand. Die graad 11's, hul ouers en hul registeronderwyser, me. Marjolize Marais, het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Die aand is mooi afgerond met 'n spesiale toespraak deur die skoolhoof, mnr. Frikkie Louw. Foto M & M Photography
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie