Ed Sheeran en Kaapstad maak geskiedenis
Die Britse sanger Ed Sheeran gaan in ’n tweede konsert in Kaapstad tydens sy Suid-Afrikaanse toer in 2019 optree.
Dit is die eerste keer dat ’n tweede vertoning in ’n Kaapstad-stadion vir ’n internasionale toer gereël word.
Dit volg op ’n oorweldigende reaksie deur Kapenaars.
Die konsert word op 28 Maart aangebied.
Sheeran se ander optredes is op 23 Maart by die FNB-stadion in Johannesburg en op 27 Maart in Kaapstad.
Kaartjieverkope vir die tweede Kaapse konsert open Donderdag om 09:00.
Kaartjies kos R395 tot R1 360 en moet binne 72 uur betaal word.
Geen kinders jonger as 14 jaar word by die konsert toegelaat nie.
Vroeër vanjaar is Sheeran as die International Federation of the Phonographic Industry se kunstenaar van 2017 aangewys met die beste verkope, ná die uitreiking van sy derde album, Divide. Sowat 15 miljoen van hierdie albums is teen dié tyd al verkoop. Sy enkelsnit, “Shape of You”, is die derde gewildste enkelsnit tot dusver in Brittanje. Sheeran het ook al vier Grammy-pryse gewen en het sommer ook ses Billboard-musiekpryse in die sakkie. Gaan na bigconcerts.co.za vir meer inligting. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie