ECN: Du00eds hoe dit is (vir nou)
ECN: Du00eds hoe dit is (vir nou)

ECN: Dís hoe dit is (vir nou)

Die verkiesingskommissie wou by navraag nie antwoorde verskaf op vrae oor die aanpassing van sekere verkiesinguitslae nie.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê vrae wat nog oor die uitslae van die pas afgelope nasionale en presidensiële verkiesings bestaan, sal vir eers onbeantwoord bly.

Hy kon nie die moontlikheid van nog veranderinge uitsluit nie.

Mujoro voer aan die moontlikheid van ’n hofsaak oor die verkiesings muilband die kommissie.

Die onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, en verskeie opposisieleiers dreig sedert die bekendmaking van finale uitslae laataand op 30 November om die ECN weens onreëlmatighede hof toe te sleep. Reeds voor kiesers stembus toe moes gaan het Itula met twee aansoeke teen die gebruik van elektroniese stemmasjiene (EVM’s) misluk.

STEMTOTALE KLOP NIE

In Windhoek se landelike kiesafdeling is 7 111 stemme aanvanklik verkeerdelik aan mnr. Apius Auchab, presidensiële kandidaat van die United Democratic Front (UDF), toegeken, terwyl dit Itula se stemme was.

Die regstelling op die ECN se webwerf is op 5 Desember deur die

Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) se Namibia Fact Check-projek opgemerk. Geen amptelike verklaring is nog deur die ECN hieroor uitgereik nie.

Volgens Fact Check is drie verskillende uitslae vir die presidensiële uitslag in Windhoek-landelik gerapporteer. Die verskille is op 4 Desember openbaar gemaak en aan die ECN gerapporteer.

VRAE OOR INTEGRITEIT

Die IPPR het as gevolg hiervan vrae oor die totale integriteit van verifiërings- en aankondigingsprosesse.

Die tameletjie in Windhoek-landelik beïnvloed nie pres. Hage Geingob se oorwinning nie, maar het op nasionale vlak byna 6 500 meer stemme aan Itula besorg en sy persentasie van alle stemme met 2,7% tot 30,2% verhoog.

Auchab het 32,2% van sy stemme verloor, maar het steeds vyfde in die wedloop geëindig. Die nasionale totale van ses ander kandidate het in die proses ook verander, hoewel dit minimaal is.

Die ECN het die stemme van mnr. McHenry Venaani (Popular Democratic Movement, PDM), dr. Tangeni Iijambo (Swanu), mnr. Ignatius Shixwameni (All People’s Party, APP) en mnr. Epafras Mukwilongo (Namibia Economic Freedom Fighters, NEFF) verminder. Mnr. Bernadus Swartbooi (Landless People’s Movement, LPM) en me. Esther Muinjangue (Nudo) se stemme is opwaarts aangepas.

Volgens Mujoro is dié veranderinge gemaak ná die uitvoerende direkteur van die IPPR, mnr. Graham Hopwood, die ECN ingelig het sekere syfers maak nie sin nie. Hy het aan die ECN uitgewys Auchab het veel meer stemme as sy party ontvang.

Mujoro het gesê die fout lê by datavaslegging.

“Ons het al die verklarings,” het hy gesê sonder om verdere inligting te verskaf.

“Daar word in die rigting van ’n regsproses beweeg. Daar is duidelike tekens van ’n hofsaak,” het hy gesê.

Volgens Mujoro het die ECN die kantoor van die staatsprokureur reeds genader oor die saak en kry die kommissie tans sy feite in orde.

“Ek weet daar is vrae en mense is veral geïnteresseerd in wat in die Windhoek- landelike kiesafdeling gebeur het. Ek ook. Ons sal almal op die toepaslike tyd inlig, maar ons wil nie nou gedeeltelike inligting versprei nie.

“Dalk is ander kiesafdelings ook geraak,” het hy opgemerk.

MUJORO VOLSTAAN BY UITSLAE

Mujoro het gesê hy is nie bewus van enige uitstaande uitslae nie en volstaan by inligting op die ECN-webwerf. Die werf was vir ure en by tye selfs dae onbereikbaar en het ook nie alle uitslae getoon toe die ECN sy finale nuuskonferensie gehou het nie.

“Ek as administratiewe beampte glo die uitslae is 100% die ware weerspieëling van die stemme van die mense wat aan die verkiesings deelgeneem het,” het Mujoro in teenstelling met sy toegewings Maandag gesê.

Republikein wou ook weet waarom ‘n beloofde, gedetailleerde verslag oor probleme en vertragings by stempunte nog nie uitgereik is nie. Die koerant het voorts gevra of enige kiesbeamptes in verband met die uitslae vir Windhoek-landelik ondersoek word. Daar bestaan ook vrae oor die feit dat die APP en UDF presies ewe veel stemme (14 664) vir die Nasionale Vergadering verwerf het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!