Eberhard Hofmann neem afskeid
Die voormalige redakteur van die Allgemeine Zeitung, mnr. Eberhard Hofmann (middel), het verlede week amptelik uit die koerantwêreld getree hoewel hy nog op ’n vryskutbasis bydraes sal lewer. Hofmann (72) was altesame 27 jaar by die Allgemeine Zeitung (AZ)en Republikein betrokke. Hy het tot die vroeë 80er jare by dié twee koerante gewerk voor hy by die ministerie van inligting aangesluit het. Die koerantwêreld het hom egter weer geroep en hy is in 1996 as redakteur van die AZ aangestel toe hy dié pos by mnr. Hans Feddersen oorgeneem het. Toe hy in 2004 sestig jaar oud word, het Stefan Fischer (regs) as redakteur oorgeneem, met Hofmann wat as nuusredakteur aangebly het – ’n pos wat nou deur mnr. Frank Steffen gevul is. Die besturende direkteur van NMH, mnr. Albe Botha (links) staan saam met Hofmann en Fischer tydens die afskeidsgeleentheid. Foto Wilfried Hähner
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie