EBank, Pointbreak in FNB Namibia se visier

Ashburton op pad
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - FNB Namibia Holdings, die swaargewig op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX), is van plan om die totale aandeelhouding in EBank en Pointbreak te bekom.

Onderhandelinge in dié verband is afgehandel en die transaksie moet slegs die nodige regulatoriese goedkeuring ontvang, het die partye gister in ''n gesamentlike verklaring gesê.

EBank en FNB Namibia deel ''n visie van inklusiewe bankdienste op ''n breë basis in Namibië deur middel van die gebruik van tegnologie en selfone te verskaf, luidens die verklaring. Die tran­saksie sal FNB in staat stel om sy eWallet-dienste aan EBank se kliënte te lewer, selfs in gebiede wat nie deur ''n taknetwerk bedien word nie. Baie van EBank se kliënte is in landelike gebiede.

Pointbreak is ''n Namibiese finansiële groep, wat beleggings- en welvaartbestuursdienste aan die private-, korporatiewe- en institusionele mark lewer. Dié maatskappy bestuur derdepartykapitaal van meer as N$8 miljard.

Luidens die verklaring sal die verkryging van Pointbreak die beleggingskundigheid en plaas­like welvaartbestuursvermoë van FNB Namibia verbeter. Pointbreak se gevestigde kliënt gefokusde benadering stem goed ooreen met FNB Namibia se visie om die toon in die premiumbanksegment in die land aan te gee, volgens die verklaring.

Ashburton

Die transaksie sal voorts die beplande bekendstelling van Ashburton Investments in Namibië aanvul. Ashburton is die batebestuursarm van FirstRand, die beherende aandeelhouer in FNB Namibia.

“Die kliënte van Pointbreak sal dus toegang tot die wyer reeks van beleggingsprodukte en finan­siële dienste van FirstRand hê,” lui die verklaring.

Pointbreak het ''n minderheidsaandeelhouding in Stimulus Investments Ltd, wat 100% van Namibia Media Holdings (NMH) besit. NMH is die beheermaatskappy van onder meer Republikein, Namibian Sun, Allgemeine Zeitung en Newsprint Namibia.

Volgens Albe Botha, uitvoerende hoof van NMH, sal FNB Namibia ná die goedkeuring van die transaksie 39% van NMH besit.

“NMH as ''n Namibiese mediagroep is toegewy aan die land, sy werknemers en lesers om aan te hou om ons land se verhale te deel. Ons wens FNB en Pointbreak alle sukses toe en vertrou dat NMH tot hul sukses sal bydra,” het Botha gesê.

Reaksie

Sarel van Zyl, uitvoerende hoof van FNB Namibia, het sy opgewondheid oor die transaksie uitgespreek. “Innovering in die wyse waarop ons besigheid doen, is die kern van ons langtermynstrategie. Dit sal ons in staat stel om voort te gaan om volhoubare voordele vir ons personeel, kliënte en aandeelhouers te lewer.”

Josephat Mwatotele, uitvoerende hoof van Pointbreak, het só gereageer: “Daar is baie sinergieë tussen Pointbreak, FNB en Ashburton. Ons sien daarna uit om dié sinergieë tot die voordeel van ons gevestigde Namibiese kliëntebasis te ontsluit. Ons is vol vertroue dat die transaksie ons in staat sal stel om ons welvaart- en beleggingsbestuurprodukte in die strewe na ''n eenstop-finansiële huis vir ons kliënte te verbreed.”

Mike Mukete, uitvoerende hoof van EBank, het gesê die transaksie is ''n groot stap in dié bank se visie van toeganklike bankdienste en ekonomiese inklusiwiteit. “Die EBank-span is vreeslik opgewonde oor die baie geleenthede wat die groot voetspoor van FNB Namibia bied en die infrastruktuur wat dit voorsien.”

Die transaksie, waarvan die waarde nie bekend gemaak is nie, moet nog deur die volgende regulatoriese owerhede goedgekeur word: Bank of Namibia, die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa), die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) en die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Met ''n totale markkapitalisasie van N$12,842 miljard is FNB Namibia Holdings die grootste maatskappy op die plaas­like indeks van die NSX. Die groep het Maandag op N$47,99 per aandeel geëindig. Stimulus se voorkeuraandele het teen N$121,29 per aandeel op die plaaslike indeks verhandel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!