Eagles opnuut koning
Namibië het ’n wenteiken van 168 lopies aan die gasheer gestel, wat gesukkel het om die Eagles se akkurate boulwerk baas te raak, en in die 15de boulbeurt op 83/5 was die skrif reeds vir Uganda aan die muur.
Tielman van Lill
Die Eagles se bullopie duur steeds voort in Kampala, Uganda, waar hulle gister tydens die Internasionale Krieketraad (ICC) se Afrika T20- Wêreldbeker kontinentale uitdunronde vir Uganda (125/8 in 20 bb) met ’n oorwinning van 42 lopies uit die pad geskouer het.
Die Eagles het die lootjie gewen en eerste gaan kolf, maar met kaptein Stephen Baard (10 l, 10 b, 1x4) en Niko Davin (11 l, 8 b, 2x4) se ontydige vertrek het Christi Viljoen (33 l, 30 b, 5x4) ingestap om die Eagles se kolfbeurt te anker.
Karl Birkenstock, Namibië se topkolwer vir die dag op nommer ses met 59 lopies van 28 aflewerings (6x4, 4x6), het egter die Ugandese tot stilstand gekolf om saam met Viljoen 61 lopies na die telbord te jaag. JJ Smit (16 l, 15 b, 2x4) en Jan Frylinck (19 l, 10 b, 1x4, 1x6, nie uit nie*) en Zhivago Groenewald* (1 l, 1b) rond die Eagles se aanslag af.
Uganda span sewe boulers in, maar net Charles Waiswa (2/45 in 4 boulbeurte), Dinesk Nakrani (2/29 in 4 bb) en Riazat Ali Shah (1/20 in 3 bb) behaal sukses.
Uganda het die wenteiken gemaklik in die eertse vyf boulbeurte teen bykans 10 lopies per boulbeurt gejaag. Maar toe slaan Viljoen toe om die openingspaar en sy eerste twee slagoffers vir 30 lopies te laat stap. Uganda, wat teen 8,4 lopies per boulbeurt moes kolf om ’n sege te behaal se aanslag word in die wiele gery en sy lopietempo sak terug tot ’n beskeie 5,8 per boulbeurt.
Uganda, wat Maandag met 142/7 in 20 bb sy botsing teen Botswana (90/10 in 18 bb) gemaklik met 52 lopies gewen het, het gister weer met Zephania Arinaitwe, die 17-jarige baba van die span, as openingsvennoot vir Hamu Kayondo gewaag.
Arinaitwe, met die bynaam “Young De Villiers”, kon net een lopie van ses balle teen Botswana aanteken, teen die Eagles kon hy egter 15 lopies (11 b, 2x4, 1x6) moker voor hy genadiglik deur Gerhard Erasmus van Viljoen se boulwerk uitgevang is. Kort ná sy vertrek is hy deur Kayondo (15 l, 15 b, 1x6) gevolg, wat deur Niko Davin van Viljoen se aflewering uitgevang is.
Arnold Otwani as nommer drie-kolwer en paaltjiewagter van Uganda, wat Maandag met 44 lopies (27 b, 6x4, 1x6) sy span se toplopiemaker was, is gou deur Bernard Scholtz se aflewerings geflous toe hy hom vir 11 (20 b, 1x4) skoonboul.
Roger Mukasa (14 l, 18 b), Dinesh Nakrani (13 l, 14 b, 1x6), Riazat Ali Shah (19 l, 16 b, 2x6), Deusdedit Muhumuza (0 l, 1 b), Frank Nsubuga (7 l, 4 b, 1x6), Emmanuel Isaneez* (7 l, 9 b) en Charles Waiswa* (14 l, 12 b, 1x4) spook verniet om die broodnodige lopies in te haal.
Hoewel Birkenstock (59 l) as speler van die wedstryd aangewys was, kan Viljoen se bydrae met die kolf (33 l) en as bouler met vier paaltjies vir 15 lopies in sy vier toegelate boulbeurte nie misgekyk word nie. Scholtz (2/28 in 3 bb), Jan Frylinck (1/37 in 3 bb) asook Erasmus (1/17 in 4 bb) ondersteun goed in die boulafdeling.
In die ander twee wedstryde wat gister afgehandel is, klop Kenia (141/5 in 20 bb) vir Ghana (88/10 in 17.3 bb) met 53 lopies terwyl Nigerië (119/10 in 19.5 bb) vir Botswana (108/7 in 20 bb) met 11 lopies tem.
Dieselfde span wat Ghana Maandag gewen het, het ook gister teen Uganda opgestap. Die Eagles is Stephen Baard (kaptein), Niko Davin, Christi Viljoen, Gerhard Erasmus, Zane Green (paaltjiewagter), Karl Birkentsock, JJ Smit, Jan Frylinck (onderkaptein), Zhivago Groenewald, Bernard Scholtz en Tangeni Lungameni.
Namibië speel vandag teen Botswana, Nigerië teen Ghana en Uganda teen Kenia.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie