E-taks steeds u2019n tameletjie
E-taks steeds u2019n tameletjie

E-taks steeds ’n tameletjie

Gebruikers van die nuwe e-taksstelsel gesels oor hul ervarings sedert dit vroeg vanjaar geïmplementeer is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Gebruikers van die ministerie van finansies se nuwe geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas) sê hoewel talle ernstige uitdagings bestaan, is e-belasting ‘n stap in die regte rigting vir Namibië en is hulle gelukkig met die Itas-span se ondersteuning.

Mnr. Cameron Kotze, besturende vennoot van Ernst & Young vir Namibië en me. Rozanne Rousseau, verantwoordelik vir rekeningkundige- en belastingvoldoening by dieselfde maatskappy, sê hulle moedig belastingbetalers aan om op die Itas-webtuiste te registreer.

Me. Chantell Husselmann, PwC se belastingleier, sê sy ondersteun ook die e-belastingstelsel.

UITDAGINGS

Uitdagings is daar wel, sê die ondernemings.

Volgens Ernst & Young is ‘n ernsige probleem dat elektroniese betalings vir opgawes wat deur middel van dié stelsel ingedien is, nie betyds deur die ontvanger verwerk word nie.

“Uitstaande skuld word dus op die stelsel getoon, hoewel dit betaal is. Boetes en rentes word gehef en die gevolg is belastingbetalers kan nie belastingklaringsertifikate ontvang nie.”

Nog ‘n probleem is dat opgawes wat met die hand ingedien word, tans nie aangeslaan word nie en as uitstaande aangedui word. Dan word onnodige boetes vir laat indiening gehef.

Tans maak die stelsel ook net voorsiening daarvoor dat een mens toegang tot die belastinginligting van ‘n spesifieke belastingnommer kan kry, wat probleme skep wanneer die stelsel deur groter besighede met meer as een gebruiker aangewend word.

“Dieselfde geld vir belastingbetalers wat van verskillende diensverskaffers gebruik maak om hulle met die indiening van verskillende belastingopgawes te help. Die stelsel kan nie meer as een persoon as ‘n verteenwoordiger huisves nie,” het Rousseau en Kotze gesê.

Die stelsel maak glo ook nie voorsiening daarvoor dat ‘n elektroniese kopie van ’n opgawe gestoor kan word of ’n harde kopie uitgedruk kan word nie.

Verteenwoordigers van belastingbetalers ontvang nie e-posse wanneer aanslae uitgereik word nie en daar moet op kliënte staatgemaak word om korrespondensie aan te stuur.

Sodra ‘n opgawe aanlyn ingedien is, dui die stelsel die status van ’n spesifieke opgawe aan, maar tot dusver is geen verduideliking van die betekenis van verskillende statusse verskaf nie.

Husselmann sê nog ‘n probleem is dat sekere inligtingsvelde op die aanlyn vorm noodsaaklik is om in te vul, maar die gebruiker word nie daarvan in kennis gestel terwyl die vorm ingevul word nie.

“Die gevolg is dat jy eers teen die einde agterkom die stelsel wil die opgawe nie aanvaar nie.

“Ons ervaar ook dat die stelsel by tye af is,” het Husselmann gesê.

ITAS-SPAN BEHULPSAAM

Beide PwC en Ernst & Young sê die Itas-span is “behulpsaam en beskikbaar om na klagtes te luister en raad te gee”.

Hulle sê ook die span vergader tweeweekliks met die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (Ican) en die stelsel behels ‘n “doeltreffende proses wat tans goed werk”.

Ernst & Young meen dit lyk of die Itas-span soms oorweldig is.

“Maar soos met enige nuwe stelsel sal dit ’n geruime tyd neem om dit perfek te kry,” het Kotze en Rousseau gesê.

Beide maatskappye glo opleiding vir die gebruik van die stelsel is nodig en stel voor ‘n openbare bemarkingsveldtog word van stapel gestuur sodat die stelsel onder belastingbetalers bevorder kan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 321.68/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.55% | Zinc US$ 2 873.10/T UP 2.37% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 897.56/OZ DOWN -0.0051 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 321.68/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.55% | Zinc US$ 2 873.10/T UP 2.37% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 897.56/OZ DOWN -0.0051