E-posse wys hoe Facebook jóú data verkwansel
In ’n verklaring wat Donderdag uitgereik is, hou Facebook voet by stuk hy het nooit gebruikers se inligting aan ander maatskappye verkoop nie.
E-posgesprekke tussen Mark Zuckerberg, Facebook se hoof, en van sy personeellede, is deur die Britse parlement bekend gemaak in sy ondersoek na die verspreiding van sogenaamde fopnuus.
’n Parlementêre ondersoek het die sosiale netwerk gedagvaar om die interne kommunikasie te verskaf, wat Facebook teensinnig gedoen het.
Dié boodskappe, wat meer as 250 bladsye beslaan, verklap wat kritici van Facebook reeds lankal vermoed het: Die sosiale netwerk het groot hoeveelhede inligting van sy gebruikers sonder hul medewete met maatskappye gedeel.
Damien Collins, voorsitter van die parlementêre komitee, het ’n paar kernkwessies uitgelig wat in die e-posboodskappe op die lappe kom.
Dit wys onder meer dat Facebook maatskappye soos Airbnb, Netflix, Lyft en ander “volle toegang” tot gebruikers én hul vriende se inligting gegee het, al het die platform in 2014 aangekondig hy gaan stappe doen om dit te keer.
“Dit is nie duidelik of gebruikers toestemming hiervoor gegee het, of hoe Facebook besluit het watter maatskappye toegang mag kry nie,” skryf Collins in die dokument wat die e-posgesprekke bevat.
Facebook het ook lank tjoepstil gebly oor ’n opdatering van sy Android-app wat die netwerk toegelaat het om inligting oor gebruikers se oproepe en SMS’e sonder hul medewete in te samel. Volgens Collins het Facebook uit sy pad gegaan om dit “so moeilik moontlik” te maak vir gebruikers om te besef wat besig is om te gebeur in ’n poging om ’n “publisiteitsnagmerrie” te stuit.
FINANSIëLE VOORDEEL
Die e-posse verklap ook dat Facebook doelbewus sekere apps en dienste toegang tot gebruikers se inligting geweier het omdat hy hulle as sy “regstreekse mededingers” beskou.
Dit is nie bekend watter maatskappye, netwerke of dienste spesifiek toegang geweier is nie.
Intussen wys die e-posse ook hoe Zuckerberg en ander personeellede debatteer oor hoe die maatskappy die grootste finansiële voordeel uit gebruikers se inligting kan kry.
Die dokumente wys dat Facebook se hoofde juis dié data as die maatskappy se waardevolste bate beskou het.
Zuckerberg het verskeie e-posse aan Sheryl Sandberg, bedryfshoof, gestuur waarin die twee planne beraam om gebruikers so tevrede moontlik op die platform te hou sodat Facebook nie gebruikers verloor (en derhalwe hul inligting) nie.
In ’n verklaring wat Donderdag uitgereik is, hou Facebook voet by stuk hy het nooit gebruikers se inligting aan ander maatskappye verkoop nie.
Die netwerk sê die parlementêre komitee het doelbewus net sekere dokumente en boodskappe uitgereik en ander nie.
Facebook sê ook Android-gebruikers moes spesifiek instem daartoe dat die netwerk inligting oor oproepe en SMS’e insamel. “Dit is gebruikers se keuse,” sê Facebook.
‘STANDAARDPRAKTYK’
Oor die bewerings dat hy doelbewus sy mededingers uitgesluit het, sê Facebook dit is “standaardpraktyk in die tegnologiebedryf”.
“Ons het besluit om apps wat in wese dieselfde doel as ons dien, se toegang te beperk.”
Volgens Facebook het platforms soos YouTube, Twitter, Snapchat en Apple soortgelyke praktyke.
In ’n baie lang inskrywing op Facebook Woensdagaand het Zuckerberg geskryf dit is “normaal” dat die maatskappy se doen en late so onder die loep kom.
“Dit is gesond, gegewe die groot getal mense wêreldwyd wat ons dienste gebruik. Dit is reg dat ons die heeltyd gevra word om te verduidelik wat ons doen.”
Zuckerberg beskuldig ook die media daarvan dat hulle die feite wanvoorstel al gee die maatskappy ’n breedvoerige verduideliking. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie