E-fietsryer by halfpadmerk

2 120 km agter die blad

14 June 2019 | Mense
face="Verdana" >

Die avonturier Steve Galloway het die halfpadmerk van sy 7 Riviere-reis met sy eg Namibiese SunCycles e-fiets gehaal.

Ná 2 120 km het hy die Epupa-valle by die Kunenerivier bereik nadat hy drie weke gelede by die Oranjerivier weggespring het.

Behalwe om e-fietse te bevorder wat as ambulanse, wildbewaardervoertuie, vullisverwyderingskarweiers of taxi's gebruik kan word, is ’n belangrike deel van Galloway se reis om bewaringsgebiede op sy pad te identifiseer wat ondersteuning nodig het.

Hy vat nou eers ’n blaaskans om ’n direksievergadering in die hoofstad by te woon voor hy op 1 Julie van Epupa af na Ngoma in die Zambezistreek die speke vir nog 1 800 km sal laat sing.

“Dan sal hy terugvoering oor die nuutgestigde Community Conservation Fund of Namibia aan organisasies gee wat ondersteuning aan die 83 kommunale bewaringsgebiede belowe het," lui ’n mediaverklaring van Gondwana Collection.

Galloway het sowat 18 dae en 95 ure op sy e-fiets deurgebring en het sowat 115 km agt ure per dag gery. Die verste wat hy gery het was 174 km van Rosh Pinah na Klein Aus Vista.

“Op sy reis het hy Namibië se vriendelike mense teëgekom: Die Topnaar langs die Kuisebrivier, die Damara op die roete van Uis tot Palmwag, die Herero langs die Ugabrivier en die Himba van Opuwo. ’n Himbaman in tradisionele drag het selfs saam met hom op die e-fiets gery.”

Volgens Galloway was die landskappe beeldskoon – van die ruwe terrein langs die Oranjerivier, die rooi duine van Sossusvlei, die Etendeka-bergreeks met hul tafelkoppe naby Palmwag tot die makalani-oase by Epupa.

Galloway fokus op e-mobiliteit en e-verbindings om landelike gemeenskappe te bemagtig.

“Dit sal die Bicycling Empowerment Network Namibia-konsep (BENN Namibia) bevorder met die boodskap dat fietse mense se lewens kan verander.”

Altesaam 35 skeepsvraghouers met geskenkte fietse landswyd sal in e-bokse of e-sentrums omskep word.

“Met MTC se 081 for everyone, wat sorg dat Namibiërs in verbinding bly, sal e-onderwys ’n werklikheid word, en die e-bokse kan e-sentrums of selfs e-skoolsentrums word,” verduidelik Galloway.

Alle skenkings vir die e-sentrums, soos onder meer fietse, herlaaipunte, tablette en selfone kan aan die Gondwana Care Trust gemaak word.

Gondwana Collection speel gasheer vir Galloway by al hul lodges langs sy roete.

Sy reis kan ook op Gondwana se Facebook-blad gevolg word.

Soortgelyk

 

Omkeerpunt vir Meatco

16 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Meatco het die afgelope boekjaar sy totale verliese met N$33 miljoen gesny en het boonop daarin geslaag om sy gemiddelde produsenteprys met...

Honde, katte, kinders, sushi en goeie harte

16 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - Die niewinsgewende organisasie Have-a-Heart op Walvisbaai het onlangs in samewerking met Mobile Animal Clinic Namibia 'n baie suksesvolle sterilisasie- en kastrasieveldtog onderneem....

Lubowski ‘krabbel terug’

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Mnr. Sisa Namandje, pres. Hage Geingob se prokureur, sê me. Gabrielle Lubowski skrabbel terug nadat sy vroeër die staatshoof glo valslik beskuldig...

Blowing the whistle

16 ure gelede | Mense

Justicia Shipena Tamara !Gaoses is the first internationally recognised female 3x3 basketball referee in the country and this qualification allowed her to officiate...

LPM betreur Operasie Kalahariwoestyn

16 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman – Die Landless People’s Movement (LPM) het sy stem by die toenemende druk gevoeg dat die regering lede van die Namibiese weermag (NDF)...

Weer vir 25 Junie 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig tot warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm wees, maar baie warm in die Noorde. KUS:...

Hilton Hotel 7de keer beste in Namibië

16 ure gelede | Toerisme

Vir die sewende agtereenvolgende jaar het die Hilton Hotel in Windhoek met die World Travel-toekenning vir 2019 as die beste hotel in Namibië weggestap. “Ek...

CoW-drama kry tweede asem

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Sodra sy tugverhoor afgehandel is, kan die stadsraad besluit of strafregtelike klagte ook teen mnr. Robert Kahimise, Windhoek se uitvoerende hoof, gelê...

Kalahariwoestyn-slagoffer se lyk op lorrie

16 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Talle Namibiërs is woedend omdat mnr. Fambauone Black (22) se oorskot die afgelope Saterdag agter op ’n lorrie terug Zimbabwe toe vervoer...