Dwelmsmouse op Usakos moet skoert
Dwelmsmouse op Usakos moet skoert

Dwelmsmouse op Usakos moet skoert

Maria Eiseb
Maria Eiseb

Die gemeenskap van Usakos is keelvol.

Hulle het tydens ‘n vergadering wat die groep Usakos Break the Violence Woensdag met dorpsinwoners gehad het tot die gevolgtrekking gekom die mesmoorde wat die dorp teister, is te wyte aan die drank- en dwelmmisbruik van jongmense op die dorp.

Volgens me. Valencia Nghamuno, lid van die groep, is die vergadering belê om ’n einde aan dié probleem te maak.

“Ons wil hê die dwelmsmouse wat die dorp kom besoedel het, moet uitgeroei word. Wanneer iemand in hegtenis geneem word, word hulle op borgtog vrygelaat en gaan maar net weer aan, terwyl die ouer wat ’n kind aan die dood moes afstaan, met die hartseer sit,” het sy gesê.

Hoofman Ben |Uiseb het gesê die kwessie ontstel hom en dit “moenie die eerste en die laaste keer wees dat die gemeenskap vergader nie”. Pogings “om die jeug te red”, moet volgens hom volgehou word.

Mnr. Elmar Eiseb, hoof van Laerskool Erongosig op die dorp, het tydens die vergadering gesê hy verteenwoordig nie net onderwysers nie, maar ook ouers.

Hy het ouers gemaan om saans nie te gaan slaap terwyl hul minderjarige kinders nog nie tuis is nie.

“Maak seker jou kinders is daar voor jy die huis saans sluit,” het hy gesê.

’n Gesondheidsinspekteur by die dorp se staatshospitaal, me. Yvonne Magwizi, het gesê die meeste ongevalle vind naweke plaas en betrek jongmense.

“Terwyl jy noodgevalle behandel, word ander pasiënte afgeskeep en hulle gaan soms ook as gevolg daarvan agteruit,” het sy gesê.

Rejoice !Haoses, ’n graad 10-leerling, het leerlinge tydens die vergadering toegespreek en gesê hulle moet op hul skoolwerk fokus en nie hul ouers vir armoede tuis blameer nie.

“As jy dink dit is jou ouers se skuld dat julle arm is, moet jy nou op jou skoolwerk fokus en jouself uit jou omstandighede lig,” het sy gesê.

Mnr. Zikiza Geiseb, ’n gemeenskapslid, het gesê die opkoms van die dorp se ouers en kinders was verblydend.

“Deesdae steek die kinders mekaar nie net seer nie, hulle steek mekaar dood. Ons as die gemeenskap kan nie net sit en dit aanskou nie - ons moet iets daaromtrent doen,” het hy gesê.

Ouers het versoek dat die polisie die dorp meer moet patrolleer en sjebeens se lisensies moet nagaan om te bepaal tot hoe laat hulle saans besigheid mag doen.

Geiseb het gevra: “Wat maak ’n 12-jarige saans op straat terwyl die ouers by die huis is? Dinge is baie anders deesdae en misdaad word daagliks net meer.”

Me. Elizabeth Gaugoros, 'n verpleegsuster by die dorp se staatshospitaal, beraad jongmense wat hul vriende moes sien sterf. Sulke jongmense is erg getraumatiseer deur wat hulle gesien het, het sy gesê.

Die meerderheid van die gemeenskapslede wat die vergadering bygewoon het, was in swart geklee uit meegevoel met families wat kinders aan die dood moes afstaan.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%