Dwelms gee ministerie kopseer
Dwelms gee ministerie kopseer

Dwelms gee ministerie kopseer

'n Nasionale veldtog teen middelmisbruik skop vandag af.
Augetto Graig
Augetto Graig



Vandag is Wêrelddag teen Dwelmmisbruik en -handel.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste wil op die dag weer eens Namibiërs se aandag fokus op die stryd teen dwelmverslawing en alkoholmisbruik wat die land bedreig.

Volgens adjunkminister Juliet Kavetuna is veral Namibiese kinders en die jeug blootgestel aan die dwelmgevaar wat 'n verwoestende uitwerking op die land se jong mense het en 'n struikelblok in Namibië se ontwikkeling is. Alkohol- en dwelmmisbruik veroorsaak volgens Kavetuna swakker akademiese resultate, afwesigheid, skoolverlating, misdaad en bende-aktiwiteite. “Kinders word blootgestel en hulle gebruik dit ook,” sê sy. “Die stemme van die kinders moet gehoor word. Hulle moet ons inlig oor waar ons moet ingryp. Ons moet met hulle praat, hulle lei en proaktief wees.”

Volgens die adjunkminister toon verouderde navorsing tot die ministerie se beskikking teen 2013 het sowat 58% van jong mense op skool al alkohol gebruik. Sy sê 48% van die skoolkinders wat toe al met alkohol geëksperimenteer het, het dit voor die ouderdom van 15 gedoen, en 58% van sigaretrokers het voor die ouderdom van 14 daarmee begin.

“Dit is van die uiterste belang dat ons die jong mense opvoed en inligting verskaf oor hierdie gevare. Ons ouers het verwyderd van hul kinders geraak. Hulle misverstaan kinderregte en is geneig om die regering te blameer wat hierdie regte gebied het. Ons moet die misverstand uitklaar,” sê Kavetuna. Volgens haar is daar 'n tekort aan bewustheid, berading en leiding.

“Daar is 'n kommerwekkende koers van dwelmmisbruik onder die jeug,” sê sy. “Kinders en ouers moet opgelei word om tekens en ­simptome van misbruik uit te ken. As een persoon geraak is, raak dit die hele gemeenskap en baie ander mense.”

Kavetuna het teen die oorvloed sjebeens uitgevaar. Sy sê dit dui 'n fundamentele probleem aan omdat die mees produktiewe lede van die samelewing deur veral alkohol geraak word. “Mense regverdig dit as 'n bron van inkomste. Glo ons werklik dat ons die nasie met niks beter as alkohol kan voed nie? Alkoholmisbruik het ook finansiële implikasies. Dit is die suikergeld wat spandeer word.

“Die kans op infeksie is ook hoër wanneer 'n mens nie nugter kan dink nie. Kom ons staan op as 'n nasie en beveg alkoholmisbruik. Kom ons kyk ook hoe om toegang tot alkohol, veral deur kinders, te beperk. Ons het die vermoë om verandering te bring.”

Om die boodskap direk na skoolkinders in Windhoek te bring, sal die ministerie vandag besoek aflê by die skole Abraham Iyambo, Jacob Murenga, AI Steenkamp, Ella du Plessies en Windhoek Hoër as deel van 'n bewusmakingsveldtog.

Die nuwe behandelingsentrum vir dwelmverslaafdes wat binne twee jaar voltooi sal wees, sal ook 'n afdeling vir kinders hê. Die ministerie werk ook tans nouer saam met die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, in onder meer 'n na­sorgprogram waardeur 14 straatkinders behandeling ontvang. Maat­skaplike werkers kry ook opleiding in vroeë uitkenning en behandeling van dwelmverslawing, terwyl vrywilligers aangemoedig word om aan te sluit by die koalisie vir die vermindering van alkoholgebruik. Die Verenigde Nasies ondersteun ook die ministerie geldelik om personeel op alle vlakke die universele kurrikulum vir die behandeling van middelmisbruik te leer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.83 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.67/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 864.60/T UP 1.51% | Brent Crude Oil US$ 87.44/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 935.42/OZ DOWN -0.0008 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.83 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.67/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 864.60/T UP 1.51% | Brent Crude Oil US$ 87.44/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 935.42/OZ DOWN -0.0008