Duurder kos bly bitter pil
Duurder kos bly bitter pil

Duurder kos bly bitter pil

Verbruiker gegrief
Denver Kisting
Denver Kisting – Ekonome was dit gister eens Namib Mills se aankondiging oor prysstygings van stapelvoedsel is geen verrassing nie.

Mnr. Dylan van Wyk, ’n senior ontleder verbonde aan Cirrus, het by navraag gesê teen die agtergrond van die toename in oliepryse en die verswakking van die Amerikaanse dollar teenoor die rand sedert die begin van die jaar, maak dit sin dat hierdie die eerste tekens is van stygende inflasie - veral vanweë verhoogde vervoerkoste.

Mnr. Milton Shaanika-Louw, uitvoerende direkteur van die verbruikersdrukgroep Namibia Consumer Protection Group, sê op sy beurt verbruikers word áltyd deur stygende pryse gegrief.

Maar, sê hy, daar is wel begrip daarvoor omdat “ons in ’n era van stygende pryse leef”.

“Dít plaas druk op verskaffers van grondstowwe wat dit aan meule moet lewer én op die leweringspryse om goedere aan handelaars te verskaf,” sê hy.

Namib Mills het Maandagmiddag gesê mieliemeel, graanmeel, rys, pasta, gis, kitspap en mahangu word van 31 Julie af duurder.

Die maatskappy het by monde van sy woordvoerder, me. Ashante Manetti, in ’n verklaring gesê hulle beskerm verbruikers reeds die afgelope twee jaar teen prysstygings.

Ondanks ’n toename van 10% in inflasie die afgelope 24 maande het Namib Mills sy pryse nie dienooreenkomstig aangepas nie, sê Manetti.

Rys se prys styg kragtens die aankondiging met nagenoeg 4,4%, dié van mieliemeel met 3,2% en mahangu word sowat 2% duurder.

Shaanika-Louw het verbruikers terselfdertyd aangeraai om van skuld ontslae te raak, veral wat klererekeninge en ander nienoodsaaklike items betref.

“Die koste van stapelgoedere, brandstof en moontlik taxifooie het ’n negatiewe impak op die verbruiker. Deur nóú te beplan, kan verbruikers hul spaargeld vir ’n broodnodige ruskans met die oog op die Desember-seisoen aanwend,” sê hy.

Shaanika-Louw het eweneens ’n vroeëre aankondiging van Namib Mills verwelkom waartydens die pryse van bruin- en witsuiker verlaag is.

Market Watch, ’n byvoegsel in Republikein, het verlede week berig brood- en graankospryse het tydens Mei vir die eerste keer in ’n jaar ’n ommeswaai beleef.

Dít kom nadat die pryse vir dié stapelvoedsel vir die eerste keer die afgelope 12 maande van -1,5% in April tot 2,3% in Mei geklim het.

Data wat verlede week deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) beskikbaar gestel is, toon Mei se jaarlikse inflasiekoers vir brood en graankos is die hoogste sedert Februarie verlede jaar toe dit 10,3% was.

Mnr. Klaus Schade, ’n navorser by die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN), het in reaksie op die jongste inflasiesyfers gesê aangesien brood en graankos die grootste gedeelte van kositems beslaan, “het prysstygings ’n groot impak op die algehele kosprysinflasie”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!