Dundee verduidelik rook
Catherine Sasman - Woede duur voort oor die dik rookwolke wat oor Dundee Precious Metals Tsumeb (DPMT) se smelter hang, maar die maatskappy sê dit is “normale smelterpraktyk”.
In reaksie op foto's wat inwoners van Tsumeb aan hulle gestuur het, het Dundee gesê die rookwolke kom van die smelter se verkoelingsgebied af, wat deel van die produksieproses is.
“Die gesmelte metaalskuim word tot die atmosfeer se temperatuur afgekoel voor dit verwerk word," het Dundee se woordvoerder, me. Alina Garises, vandeesweek gesê.
Sy het gesê die afkoelproses veroorsaak dat die rook sigbaar is soos op die foto's wat deur inwoners gestuur is.
“Ons het voorvalle van ingeperkte luggehalte by ons gehaltebeheerpunt op die perseel waargeneem in die tyd toe die foto's geneem is. Ons is tans besig om verskillende tegnologiese oplossings vir die metaalskuim se afkoelingsproses te ondersoek wat die visuele en omgewingsimpak sal verminder," het Garises gesê.
Die foto's is tussen 7:30 en 8:30 geneem.
Garises het gesê een van Dundee se kernwaardes is om voortdurend te verbeter en om volhoubare maniere te vind om langdurige oplossings te implementeer om die smelter in ’n wêreldklas bedrywigheid te omskep.
Dít, het sy beklemtoon, sluit in om vry van uitlaatgasse te wees.
Inwoners bly woedend oor die rook wat oor die dorp hang en dring daarop aan dat Dundee "homself moet regruk”.
Hulle het in Junie soortgelyke klagtes oor Dundee ingedien waarop die maatskappy gesê het uitlaatgasse is toevallig en in die algemeen veroorsaak deur toestande wat werksaamhede belemmer, soos kragonderbrekings.
Die maatskappy het destyds nie op bewerings gereageer dat hy probleme met sy suuraanleg ondervind nie, maar het gesê "omgewingsvlakke" van swaeldioksied in Tsumeb het veroorsaak dat individue oor irritasie kla.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie