'Duiwel' los oor bokvrektes

TOORDERY, duiwelswerk en selfs kannibalisme is die beskuldigings wat nou op Ondangwa rondvlieg ná die jongste voorval waarin kleinvee op raaiselagtige wyse vrekgebyt word met alle aanduidinge dat \'n rooikat of selfs \'n tierboskat vir dié vrektes verantwoordelik was.
Dit blyk egter dat \'n bygelowige deel van die gemeenskap van die Okambonde-nedersetting naby Oniipa \'n teiken uitgesonder het en hou nou een van die gebied se inwoners vir die aanvalle op hul bokke verantwoordelik.
Altesaam 46 bokke is die afgelope drie maande in die Okambonde-gebiede doodgebyt sonder dat daar aan hulle gevreet is.
Die erns van die saak is beklemtoon toe die Koning van die Ondonga-stam, Opperhoof Immanuel Kauluma Elifas, die nedersetting self besoek het en die Polisie \'n beroep op kalmte onder inwoners gedoen het.
Die Polisie se hoof-ondersoekbeampte in die saak, Inspekteur Wouter Korner, het inwoners gister gemaan om nie die reg in eie hande te neem nie nadat ontstoke inwoners beweer het dat \'n man van die gebied \"iets met die raaiselagtige ondier\" te make het.
Volgens die inwoners lei die spore van \'n hondagtige dier elke keer in die rigting van sy kraal nadat hul vee aangeval is.
Die verteenwoordiger van die Ministerie van Natuurbewaring in die ondersoekspan, Hoofbewaarder Greenwell Matongo, en die verteenwoordiger van die Veeartsenykantore op Ondangwa, dr. Nantangwe Amuthenu, het reeds aan Republikein gesê dat hulle stomgeslaan is oor die vrektes en dat dit na hul mening nie die werk kan wees van \'n gedierte wat in die gebied voorkom nie.
\"Indien daar gekyk word na die manier waarop die bokke vrek gebyt word, lyk dit na \'n dier wat nie in die omgewing aangetref word nie. Ons weet nie watter soort dier dit is nie, maar dit lyk asof dit \'n hond of \'n hondagtige ondier (shimbungu) kan wees,\" het mnr. Matongo aan die Republikein-kantoor op Oshakati gesê, maar toegevoeg \"shimbungu\'s bly nie in die omgewing nie en maak nie bokke vrek nie.\"
\'n Deskundige op die gebied van karnivore en veral die vernaamste kat-families wat in Namibië voorkom, dr. Flip Stander, is egter van mening dat \'n rooikat of \'n tierboskat die sondebok kan wees.
Dr. Stander, \'n ewolusionêre ekoloog verbonde aan die Ministerie van Natuurbewaring en Toerisme, het daarop gewys dat hy geensins bewus was van die voorvalle nie en ook nie ondersoek daarna ingestel het nie.
Op grond van inligting wat deur Republikein aan hom verstrek is, is hy van mening dat die gedragspatroon ooreenstem met dié van die kat-familie.
Volgens dr. Stander bestaan daar opgetekende bewyse dat leeus, luiperds en veral die Amerikaanse jaguar tot soveel as dertig beeste op \'n slag doodgebyt het, skynbaar vir die plesier daarvan. \'n Groep diere wat op kraal staan, stimuleer die doodmaak instink van \'n groot kat wat tussen hulle beland sodanig dat hulle sonder keer begin om die vasgekeerde diere vrek te byt en so te laat.
Dr. Stander het reeds meer as twintig jaar intensiewe navorsing oor die kat-families, wilde honde en hiënas gedoen.
Hy sê dit is hoogs onwaarskynlik dat \'n gewone hond of honde die skade kon aanrig en die feit dat die ondier in elke geval nie duidelike spore agterlaat nie dui daarop dat dit \'n lid van die kat-spesie moet wees.
\"Indien die dier baie ontwykend optree, daarin slaag om elke keer weg te kom en dan sonder spoor te verdwyn, stem dit ooreen met \'n luiperdagtige optrede. Honde is nie in staat om dit te doen nie,\" het dr. Stander gesê.
Na sy mening is kleiner diere van die kat-families die oorsaak omdat die rooikat (caracal en lynx) in die betrokke gebied voorkom en so ook die tierboskat (serval).
\"Dit is nie bekend dat hulle medium- en grootvee sal doodmaak nie, maar ek weet nie veel van hul gedrag nie. Daar sal egter daarna gekyk moet word omdat die tierboskat \'n hondagtige voorkoms het en dieselfde gedrag as \'n hond openbaar omdat hy donker van kleur is en mense hom veral in swak lig of snags kan misken as \'n hond,\" het dr. Stander gesê.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

23 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

23 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

23 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

23 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

23 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...