Duitsland stem

26 September 2021 | Internasionaal
Berlyn - Stembusse sluit vanmiddag om 18:00 in Duitsland in die algemene verkiesing wat sal bepaal wie by me. Angela Merkel as kanselier sal oorneem.
Merkel was vir 16 jaar aan die stuur van Duitse politiek.
Waarnemers reken die uitslag is die moeilikste om te voorspel in die onlangse verlede weens ‘n kop-aan-kop wedloop tussen die konserwatiewe alliansie tussen die Christen-demokrate en die Christen-sosialiste (die Eenheidsparty of CDU/CSU-koalisie) en die meer linkse Sosiale Demokrate.
Stembusse het om 06:00 vanoggend geopen. Daar is meer as 60 miljoen kiesers in Duitsland.
Vrese bestaan dat jarelange stabiliteit plek vir onsekerheid sal maak.
Die hoofkandidate vir die kanselierskap is finansminister Olaf Scholz van die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) en Armin Laschet van die CDU/CSU.
‘n Koalisie sal waarskynlik opnuut nodig wees en onderhandelinge daaroor kan selfs maande duur.
In die foto gooi kiesers hul stembriewe in die bus terwyl Schols, tans vise-kanselier, in die agtergrond sy stem uitbring in Potsman.
Storie en foto – Nampa/AFP

Soortgelyk

 

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

8 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

8 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

8 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

8 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Die weer Vrydag 21 Januarie 2022

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordooste met ’n paar buie in die Kavango, Otjozondjupa se ooste en die Omahekestreek; andersins gedeeltelik bewolk...

Hardap loop gou vol

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié Suidedam se sluise sou getrek moes word....

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

15 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

17 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...