Duitsland onderhandel eerlik, su00ea Schlaga
Duitsland onderhandel eerlik, su00ea Schlaga

Duitsland onderhandel eerlik, sê Schlaga

Verskeie voorstelle is in die volksmoord-onderhandelinge gemaak wat onder meer infrastruktuur-ontwikkeling insluit.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Duitsland se ambassadeur in Namibië, mnr. Christian Schlaga, sê Duitsland is vol vertroue dat die Namibiese regering in gesprek is met gemeenskappe wat deur die volksmoord van 1904 tot 1908 geraak is.

Die gesprek raak hul deelname aan die bilaterale versoeningsdialoog “op 'n produktiewe manier”.

Schlaga het gereageer op 'n uit­gelapte dokument van voorstelle wat in September verlede jaar gemaak is oor Duitsland se moontlike ingryping in die onderhandelinge om vergoeding en herstel.

Hierdie voorstelle het tot nou toe die misnoeë van sekere groepe van die geraakte gemeenskappe uitgelok.

Die voorstelle wat in die dokument uiteengesit word, sluit beroepsopleiding, grondhervorming, behuising, landelike kragvoorsiening, asook streeksontwikkeling en ondersteuningsmaatreëls in.

“Ja, Duitsland is by eerlike onderhandelinge met die Namibiese regering betrokke,” sê Schlaga.

Hy sê die Namibiese afvaardiging na die onderhandelinge het reeds 'n dokument met hul standpunte voorgelê.

“Duitsland het dit noukeurig bestudeer en daarop gereageer. As een element hiervan het Duitsland ver­skeie voorstelle oor sommige projekte vir die ontwikkeling van die infrastruktuur aan die hand gedoen wat realisties gesproke ingesluit kan word. Dit is ook toe te skryf aan die feit dat die geraakte gemeenskappe dikwels op vergaderings die nood­saaklikheid van infrastruktuurontwikkeling onderstreep het,” het Schlaga gesê.

Die hoof van die Namibiese onderhandelingspan, dr. Zed Ngavirue, sê die Namibiese dokument met standpunte is steeds vertroulik.

Ngavirue sê voorstelle word steeds verfyn en die uitgelapte dokument weerspieël geensins die finale uitkoms van die onderhandelinge nie.

“Duitsland het ingestem om die wonde te genees. Ons besluit steeds hoe om dié uitdaging aan te pak,” het Ngavirue gesê.

Hy sê die partye het ooreengekom om werkgroepe van deskundiges aan albei kante saam te stel om die koste van die heropbou van die geraakte gemeenskappe te bepaal.



vergoedingsbedrag

Dit kan onder meer oorwegings insluit oor hoe om armoede die hoof te bied en waardigheid te herstel.

Ngavirue sê Namibië het 'n vergoedingsbedrag voorgestel. Duitsland dink egter dit is onrealisties groot.

Duitsland is bereid om 'n ­verskoning aan te bied, maar die vraag oor die betaling van vergoeding bly 'n ­struikelblok.

“Natuurlik is lewensverlies, die verlies aan grond, slawearbeid en so meer onberekenbaar, maar daar moet iets realisties wees om die vergoeding te kwantifiseer,” het Ngavirue gesê.

Die werkgroepe, wat insette van geraakte gemeenskappe sal insluit, sal eersdaags met hul werksaamhede begin, het hy bygevoeg.

Ngavirue sê die deskundiges “kan nie voorskryf” wat gedoen moet word nie, maar hulle sal ondersoek instel na die sosioëkonomiese impak van moontlike ingrypings.

“Hulle moet weet hoe diep die wonde is en dit is iets wat jy net van die pasiënt kan kry,” het hy gesê.

Ngavirue en sy span is tans met 'n uitreikprogram besig en het tot dusver vergaderings met die gemeenskappe van Lüderitz, Keetmanshoop, Mariental, Vaalgras, Otjinene, Epukiro, Okakarara en Swakopmund gehad.

“Dit behoort as bewys te dien dat daar wel konsultasies is,” het hy gesê.

In teenstelling met wat deur sekere groepe beweer word, sê Ngavirue geraakte gemeenskappe is nog altyd op die tegniese komitee verteenwoordig en is deel van die onderhandelingspan.

Hy sê hulle word ook deur die forum vir tradisionele hoofmanne verteenwoordig, waarvan visepresident Nickey Iyambo die voorsitter is.

Hierdie forum word gereeld op hoogte van die onderhandelinge gebring.

Dié forum bied gemeenskappe ook 'n plek waar hulle insette kan lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.51/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.97% | Zinc US$ 2 887.40/T UP 2.88% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 901.36/OZ DOWN -0.0009 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.51/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.97% | Zinc US$ 2 887.40/T UP 2.88% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 901.36/OZ DOWN -0.0009