Duitsland, EU ondersteun beroepsopleiding
Namibiese belanghebbendes, waaronder die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) en die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, asook die Duitse ambassade en dié van die Europese Unie (EU) het onlangs die oorhandiging van ‘n E-onderrig- en bronnesentrum by die EU-onderrignaaf by die Valombola-beroepsopleidingsentrum bygewoon.
Dit vorm deel van die tegniese ondersteuning vir beroepsonderwys en opleiding (TVET) in Namibië.
TVET wil ‘n bydrae tot volhoubare ekonomiese ontwikkeling lewer.
Die EU-opleidingsnaaf is ‘n inisiatief wat deur die projek vir die bevordering van beroepsonderwys en opleiding (ProVET) van die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) en die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) GmbH, namens die Duitse federale ministerie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling (BMZ) en die EU van stapel gestuur is.
Die Duitse regering is sedert 2012 by wyse van ProVET betrokke by die ondersteuning van TVET in Namibië.
Dit komplementeer die ontwikkelingsamewerking tussen Duitsland en Namibië in die prioriteitsgebied van volhoubare ekonomiese ontwikkeling. Die huidige fase van die ProVET-projek, ter waarde van €9 miljoen, het op 1 April vanjaar in werking getree en sal 30 maande duur.
Die EU ondersteun die projek deur medefinansiering van die EU-opleidingsnaaf met €7,6 miljoen. Die samewerkingsooreenkoms het in Julie 2016 begin en duur tot Maart 2020.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie