Duitsland beloof nóg miljoene

Volgens die Duitse ambassadeur in Namibië het Duitsland sedert 1990 meer as N$15 miljard tot Namibiese ontwikkeling bygedra.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg in Khaudum - Duitsland gaan oor die volgende twee jaar 130 miljoen euro tot Namibiese ontwikkeling bydra.

Só het mnr. Christian Schlaga, Duitsland se ambassadeur in Namibië, verlede Donderdag tydens die amptelike opening van die twee nuwe parkstasies in die Khaudum Nasionale Park, in die Kavango-Oosstreek, gesê.

"Sedert 1990 het Duitsland Namibië se ontwikkelingsagenda met meer as een miljard euro (sowat N$15 miljard) ondersteun. Duitsland het tydens onlangse bilaterale samesprekinge op Katima Mulilo beklemtoon hy gaan voort om homself tot Namibiese ontwikkelingshulp van 130 miljoen euro vir die volgende tweejaarfase tot 2019 te verbind," het Schlaga gesê.

"Duitsland het haar belofte nagekom: Namibië was, is en sal steeds 'n prioriteitland vir Duitse ontwikkelingshulp wees wat die hoogste per capita in vergelyking met ander lande in Afrika ontvang," het Schlaga gesê.

Hy sê dit word weerspieël deur die feit dat Duitsland vandag die enigste vennoot van Namibië is wat voortgaan om skenkings aan Namibië te maak ondanks die feit dat Namibië deur internasionale finansiële instellings as 'n land van bogemiddelde inkomste geag word.

"Duitsland is ten volle bewus van die feit dat die Duitse regering tot 1915 met al sy gruweldade teen die Herero-, Nama- en ander gemeenskappe ongetwyfeld diep wonde en baie letsels op die siele van die afstammelinge van die slagoffers gelaat het," het Schlaga gesê.

"Die Suid-Afrikaanse apartheidsregering het daardie wonde en letsels verdiep, so erg dat dit baie moeilik vir 'n onafhanklike Namibië is om die politieke, ekonomiese en maatskaplike gevolge van die vorige dekades ongedaan te maak.

"Tog, tydens my eerste twee jaar in jul mooi land kan ek getuig dat Namibië 'n lang pad geloop het om hierdie doelwit te bereik," het die ambassadeur gesê.

"Dit is waar dat hierdie gruweldade van meer as 110 jaar gelede pyn veroorsaak het en vandag steeds 'n skaduwee oor die betrekkinge tussen Duitsland en Namibië gooi."

Schlaga sê hoewel dit die geval is, is dit ook geregverdig om die groot en belangrike stappe wat Duitsland die afgelope 30 jaar geneem het, te erken vir die normalisering van betrekkinge.

Hy het verwys na die Duitse minister van ontwikkelingsamewerking, me. Heidemarie Wiezcorek-Zeul, se besoek aan Namibië in 2004 waar sy op Okakarara verskoning gemaak het, om vergifnis gepleit het en na Namibiërs uitgereik het.

"Sy het voorgestel Duitse steun aan Namibiese ontwikkeling word drievoudig vermeerder om 150 miljoen euro (sowat N$2,5 miljard) te bereik wat vir die tydperk van 2009 tot 2011 aangewend is en sedertdien voortgeduur het," het Schlaga gesê.

Die twee parkstasies ter waarde van N$80 miljoen is met behulp van die Duitse ambassade deur die KfW Duitse Ontwikkelingsbank gebou om die Namibiese Nasionale Parkeprogram (NamParks) te ondersteun. Lees ook die berig op bl. 4.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!