Duitsland beloof entstof vir Namibië

N$180 miljoen se mediese voorrade geskenk

09 July 2021 | Gesondheid
Ronelle Rademeyer – Duitsland gaan entstof aan Namibië skenk. Wanneer presies, is nie bekend nie.

Die vrag met noodvoorraad uit Duitsland wat gister in die land aangekom het, bestaan uit persoonlike beskermde drag (PPE’s), insluitend 500 000 maskers en 300 000 oorjasse, asook 60 hospitaalbeddens.

Aanstaande week kom ‘n tweede besending voorrade vir die steierende openbare gesondheidsorgstelsel se stryd teen Covid-19 in die land aan. Dit sal uit 20 000 veiligheidsbrille en 40 000 blitstoetse bestaan.

Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het die eerste besending gistermiddag by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in ontvangs geneem nadat dit met ‘n Antonov AN-225 vanuit Leipzig in Duitsland hierheen gebring is.

In die komende weke word 100 000 PCR-toetse, 45 ventilators, 5 000 oksimeters, 'n verdere 15 miljoen maskers en vyf groot ventilators verwag.

Die totale waarde van dié skenkings, wat voorraad is wat aan die Duitse weermag behoort het, beloop N$180 miljoen, het Duitsland se ambassadeur in Namibie, mnr. Herbert Beck, by die lughawe aan joernaliste gesê.

Hy het verder gesê Duitsland het Woensdag besluit om tot die einde van die jaar 30 miljoen dossisse entstof teen Covid-19 aan laer- en middelinkomstelande beskikbaar te stel. Dit is deel van die Europese inisiatief om minstens 130 miljoen dosisse te skenk,” het hy gesê.

Volgens hom sal die die Covax-fasiliteit waarskynlik die grootste deel hiervan versprei soos lande dit nodig het.

Die goeie nuus is dat Duitsland sowat 20%, of 6 miljoen, van sy 30 miljoen-skenking direk na lande met wie hy noue diplomatieke betrekkinge het, sal stuur. Namibië is een van dié lande, het Beck gesê.

Hy het nie gesê wanneer die eerste besending van dié entstof in Namibië sal aankom nie.

Shangula het die oomblik as emosioneel beskryf en gesê die verwoestende derde golf plaas gesondheidsorg onder enorme druk, met hospitale in die private en openbare sektor wat die grootste getal opnames ooit in die geskiedenis beleef.

“Ons stip ook daagliks ongekende hoë getalle sterftes in ons hospitale aan,” het hy gesê en daarop gewys dat die fisieke en sielkundige impak op gesondheidswerkers en ander mense aan die voorfront van die stryd geweldig hoog is.

Baie het siek geword en van hulle het gesterf. Daarom is dit belangrik om alle gesondheidsorgwerkers van PPE’s te voorsien en hulle te beskerm, het hy gesê.

“Ek verkeer nie onder die illusie dat die ergste verby is. Trouens, ’n opdraande stryd lê voor,” was Shangula se woorde.

Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekking en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, was ook teenwoordig toe die vrag afgelaai is.

Sy sê Duitsland het benewens hierdie mediese voorrade, ook vroeër in die pandemie ‘n helpende hand gereik.

Onder dié hulp was die oprig van ‘n laboratorium vir PCR-toetse by die Universiteit van Namibia en opleiding aan personeel in die gebruik van die toerusting.

Nandi-Ndaitwah het einde Junie deur middel van Namibië se sendings in die buiteland ‘n SOS aan die internasionale gemeenskap vir mediese noodleniging en humanitêre bystand gerig.
[email protected]

Soortgelyk

 

Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg

33 minute gelede | Gesondheid

Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan...

Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val

57 minute gelede | Misdaad

'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die...

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

6 ure gelede | Internasionaal

Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.Dit beteken egter nie mnr. Olaf...

Klein, maar getrain

13 ure gelede | Landbou

William Klazen junior (5) van Windhoek is gister aangewys as die beste kindertouleier by die Windhoek Skou in die afdeling vir nul tot ses jaar....

Tragedie tref ná rugbywedstryd

13 ure gelede | Plaaslik

Andrew Poolman – Die tragiese heengaan van Edwardo Nell kort ná ’n rugbywedstryd Saterdag is vir FNB Wanderers-klub en die rugbygemeenskap ’n diepe skok.“Ons is...

Nida probeer kraaines oor geldsake ontrafel

13 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) is besig om ‘n regsmening in te win oor sy wetlike verpligting om die mediesefondsbydraes...

Rowers buit byna ’n miljoen in Walvisbaai

13 ure gelede | Misdaad

Dani Booysen en Erongo-redaksie – Die Namibiese polisie het bevestig gewapende rowers het Saterdagoggend by Pupkewitz MegaBuild in Walvisbaai N$943 616,84 gesteel.Vyf mans – twee...

Naweekpret by ‘motorhuismark’

13 ure gelede | Gebeure

Windhoek Express (WE) se eerste Garage Market het Saterdag plaasgevind. Markgangers kon verskeie stalletjies met handgemaakte items en produkte deur plaaslike entrepreneurs besoek, musiek luister...

Weer vir 27 September 2021

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die //Kharas-, Kunene- en Khomasstreke. Elders gedeeltelik bewolk en baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met buie in die...