Duitse toeriste glo beroof
Duitse toeriste glo beroof

Duitse toeriste glo beroof

Tanja Bause
Tanja Bause - Drie mans het Saterdag om 01:00 glo twee Duitse toeriste by die Kalahari Red Dune Lodge beroof.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die twee vroue, beide 54, in hul kamer gelê en slaap toe die mans by hul kamer ingebreek het.

Een van die mans het na wat verneem word ’n stok in sy hand gehad en geld geëis, waarná een van die vroue op hom afgestorm het.

Een van die ander mans het die twee rugsakke wat in die sitkamer was na bewering gegryp, waarná al drie mans weggehardloop het.

In die rugsakke was twee paspoorte, ’n Canon- en ’n Olympus-kamera, kameralense, sonbrille, bankkaarte, ’n selfoon, U$60, 230 Euro en N$2 900 in kontant.

Die totale waarde van die gesteelde items is N$157 974.

Die sonbrille, bankkaarte en paspoorte is glo op die verdagtes se vlugroete gevind. Niemand is al in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Saterdag omstreeks 01:30 het drie gewapende mans die Omafuta Lodge and Grill in Helao Nafidi binnegegaan en die kroegdame en kliënte na bewering beveel om op die vloer te lê.

Een van die verdagtes het na wat verneem word oor die toonbank gespring en ’n boks met kontant en drie selfone gegryp.

Die waarde van die gesteelde selfone en kontant is N$2 400.

Die mans het een waarskuwingskoot afgevuur voor hulle op die vlug geslaan het. Volgens die polisie het hulle een verdagte om 08:00 in die Okakwa-omgewing in hegtenis geneem terwyl hy op soek na ’n saamrygeleentheid was.

Die ander twee verdagtes is nog op vrye voet en het vermoedelik na Angola gevlug.

Die polisie het een selfoon en N$490 kontant teruggekry. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!