Duitse miljoenu00ear sterf in ongeluk
Duitse miljoenu00ear sterf in ongeluk

Duitse miljoenêr sterf in ongeluk

Tanja Bause
Tanja Bause



Die Duitse miljoenêr mnr. Edgar B. (66) en sy seun, Vincent (25), het verlede Woensdag in 'n motorongeluk op die hoofgrondpad tussen Palmwag en Kamanjab gesterf.

Die ongeluk het omstreeks 10:18 sowat 25 km buite Palmwag plaasgevind. Volgens die polisie was die gesin in 'n Land Cruiser van Palmwag af op pad na Kamanjab toe 'n trop sebras oor die pad gehardloop het. Die bestuurder, 'n Namibiër wat vir Ultimate Safaris werk, het 'n sebra gestamp en die voertuig het omgeslaan.

B., 'n Duitse burger, het in Hamburg in Duitsland en in Long Island naby New York in Amerika gewoon. Volgens berigte in Duitse koerante was hy 'n projekontwikkelaar wat saam met sy seun, 'n Amerikaanse burger, en sy vrou, Sissi, in Namibië vakansie kom hou het toe die ongeluk gebeur het.

Volgens die berigte was die gesin in 'n oop voertuig op pad na die Etosha Nasionale Park. Pa en seun, wat glo op die agtersitplek gesit het, het in die ongeluk gesterf. Vincent het volgens berigte sy nek gebreek en het 20 minute ná die ongeluk gesterf. Sy pa het kort ná hom op die toneel gesterf.

Sissi het voor, langs die bestuurder gesit en is met beserings na 'n privaat hospitaal in Windhoek geneem. Sy verkeer glo in 'n stabiele toestand en is uit die intensiewesorgeenheid ontslaan.

Volgens die berigte het die voertuig twee sebras skrikgemaak en hulle het voor die voertuig in gehardloop.

Een het in die voertuig vasgehardloop. Die bestuurder het beheer verloor en die voertuig het twee keer gerol.

“Die beseerde me. Elizabeth Bohlen (63), 'n Oostenrykse burger, en die bestuurder van die voertuig is vir mediese behandeling Windhoek toe gevlieg,” het hoofinsp. Paayo Iyambo, waarnemende koördineerder van misdaadondersoeke in die Kunenestreek, aan Nampa gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!